31/08/2026
🫁💙 1 MAAND MET MY NUWE LONGE! 💙🫁
Vandag vier ons ’n ongelooflike mylpaal - 1 maand sedert my dubbele longoorplanting! 🙏🏻
Een maand van vreugde, seën en soveel liefde.
Een maand van elke dag ’n bietjie sterker word.
Een maand van besef hoe kosbaar ’n tweede kans op lewe werklik is. ❤️
En die goeie nuus hou aan kom:
🫁 Longfunksie: 78%
💙 Suurstofsaturasie: 97%
🙌 Alles gaan steeds ongelooflik goed!
Die ondersteuning kom steeds van oral af - boodskappe, gebede, oproepe, liefde en mense wat saam met my hierdie pad stap.
Dankie vir elke gebed, elke gedagte en elke boodskap. Julle lig my hande wanneer ek moeg raak en bemoedig my daagliks om aan te hou, sterk te bly en hierdie nuwe lewe met alles in my aan te gryp. 🙏🏻
Vandag is my hart net vol dankbaarheid.
Dankbaar vir my skenker en skenkerfamilie.
Dankbaar vir die mediese span.
Dankbaar vir elke persoon wat my dra.
En bo alles, dankbaar vir God se genade en hierdie tweede kans. ✝️🫁
Een maand af… en ’n hele nuwe lewe lê voor. 💙