29/05/2026
Alle eer en glorie aan God ons Hemelse Vader
Die 45-jarige Tanya Massyn is 'n kranige drawwer en toe hardloop 'n idee met haar weg: Ontwikkel 'n produk wat jou fisieke uithouvermoë en geestelike helderheid verbeter.
Maar dis nie al waarvoor dit gebruik word nie.
Al gehoor van die "midday slump" en "brain fog"?
Pridebio Wellness het die antwoord en sy naam is Lion's Breath.
Dit is ’n draagbare aromaterapie-inhaleerder met 'n unieke mengsel van 12 suiwer essensiële olies. Die produk is ontwerp om natuurlike fokus en geestelike helderheid te ondersteun wanneer jy dit die nodigste het – of jy nou werk, bestuur, studeer, oefen of lang ure moet konsentreer. Dit is veral ideaal vir die winter!
Die verskillende olies in die mengsel is gekies vir hulle bekende aromatiese eienskappe wat kan help om die sintuie te verfris, die lugweë oop en vars te laat voel, en ’n gevoel van energie, fokus en geestelike uithouvermoë te bevorder.
Lion’s Breath bevat geen kafeïen of stimulante nie, is sakgrootte vir maklike gebruik, en bied ’n natuurlike manier om jou dag met helderheid en selfvertroue aan te pak.
Dit vat net een asemteug vir meer fokus, meer helderheid en meer beheer.
Om die leeu in jou wakker te maak, kontak Pridebio by 083 381 6091 of [email protected].