26/10/2025
Goeie middag almal 🌞
Hoop dit gaan goed met elkeen van julle!
Weens onlangse probleme het ek besluit om eerder Broadcast Lists op te stel. Ek weet almal hou nie daarvan om op baie WhatsApp-groepe te wees nie — die boodskappe raak vinnig te veel. Met die broadcast lists kan ek vir jou die specials en produkte direk aanstuur (net dié waarin jy belangstel), sonder dat jy onnodige boodskappe van ander mense kry.
👉 As jy wil deel wees van ’n spesifieke lys, stuur asseblief vir my jou naam en sê watter lys jy wil aansluit.
As jy later nie meer op die lys wil wees nie, kan jy net antwoord op my laaste boodskap en vra dat ek jou verwyder — geen probleme nie.
📋 Hier is die beskikbare lyste:
Swartland gedroogte vrugte en neute
Kinder speelgoed
Klere
Kombuisware
Acorn Kids
Annique Rooibos produkte
Aloe Ferox
Algemene / allerlei specials (daagliks 5–7 produkte)
Beddegoed
2de handse items
Kersfees Decorations
Black Friday Specials
Sweets en ander lekkergoed 🍬
Baie dankie aan elkeen wat my tot dusver ondersteun het! 💛
Baie van die produkte verkoop ek teen ’n baie klein wins, en soms selfs sonder wins — dis my manier om mekaar te help sodat almal saam kan voordeel trek uit die bargains wat orals beskikbaar is, selfs al kan mens nie self orals uitkom nie. 😉