Aldrich The Strong

Call Contact the business

Aldrich The Strong Aldrich Kruger - 'n warrior in die fight en bewusmaking van kanker

https://www.backabuddy.co.za/campaign/aldrichs-journey-from-survivor-to-fighter-again

06/10/2026
💚 **Die volgende stap in hierdie reis…** 💚Vandag is ons weer by die hospitaal, waar ons die dokters by **Nuclear Medicin...
25/09/2026

💚 **Die volgende stap in hierdie reis…** 💚

Vandag is ons weer by die hospitaal, waar ons die dokters by **Nuclear Medicine** gaan sien. Dit is nog ’n belangrike stap in Aldrich se reis, en ons vertrou die Here vir elke besluit en elke stap wat voorlê. 🙏🏻

Aldrich se gemoed is gelukkig goed. Hy het die afgelope paar dae kans gekry om bietjie te rus, en ons is dankbaar daarvoor. ❤️

Ons sal later ’n update gee oor hoe vandag gegaan het en wat die volgende stap vir Aldrich gaan wees.

Aan elke persoon wat aanhou bid, boodskappe stuur, ons ondersteun en saam met ons hierdie pad stap — **DANKIE**. Julle liefde en ondersteuning beteken meer vir ons as wat woorde ooit kan sê. 🙏🏻💚

Een dag op ’n slag. Een stap op ’n slag.
**Ons vertrou God met die pad vorentoe.** 🙏🏻

💚 **ALDRICH SE PAD – ’N NUWE HOOFSTUK** 💚Na ’n baie lang dag, 7 ure om presies te wees, by die hospitaal, met verskeie v...
21/09/2026

💚 **ALDRICH SE PAD – ’N NUWE HOOFSTUK** 💚

Na ’n baie lang dag, 7 ure om presies te wees, by die hospitaal, met verskeie vergaderings en gesprekke met die dokters, is daar besluit om weer behandeling vir Aldrich ’n kans te gee. 🙏🏻

Ons is ongelooflik dankbaar dat die dokters bereid is om alles moontlik te probeer om Aldrich die beste moontlike kans te gee. Dit gee ons hoop, en ons bly bid en vertrou op God se plan vir ons seun. ❤️

Dit beteken egter dat ons langer in Kaapstad sal moet bly, en ons weet op hierdie stadium ongelukkig nie vir hoe lank nie.

Aldrich ontvang tans antibiotika om enige infeksie op te klaar,en sy longe voorteberei op behandeling. Hy sal Vrydag vir ’n skandering gaan voordat die behandeling kan begin.

Ons vra asseblief uit die diepte van ons harte vir julle hulp. 🙏🏻

Enige donasie, maak nie saak hoe klein nie, sal vir ons ’n groot verskil maak om te help met die koste van verblyf hier in Kaapstad. Ons weet nie hoe lank ons nog hier gaan wees nie, en elke bietjie hulp beteken vir ons ongelooflik baie.

As jy nie kan bydra nie, vra ons asseblief dat jy ons veldtog sal deel en aanhou bid vir Aldrich, sy dokters en ons gesin. 💚

Ons is dankbaar vir elke boodskap, elke gebed, elke donasie en elke mens wat saam met ons hierdie pad stap.

**GOD IS GOED, selfs te midde van die onsekerheid.** 🙏🏻

💚 **Help Aldrich op sy reis:**

[https://www.backabuddy.co.za/campaign/aldrichs-journey-from-survivor-to-fighter-again](https://www.backabuddy.co.za/campaign/aldrichs-journey-from-survivor-to-fighter-again)

Baie liefde en dankbaarheid,

Lisa, Aldrich en ons gesin ❤️

Online campaigns to raise funds for causes you are passionate about. Free Campaign Support. Proudly South African. Trusted For 11 Years. Types: NPO Funding, Individual Cause Funding, Charity Funding.

Good Morning everyone. 🎗️🩵 We have arrived safely in Cape Town, and this morning we will step into the next chapter of A...
21/09/2026

Good Morning everyone. 🎗️🩵

We have arrived safely in Cape Town, and this morning we will step into the next chapter of Aldrich’s journey.

Aldrich decided that he wanted to shave everything off before meeting his new oncologist. 💙 A fresh start as we face whatever lies ahead, one day at a time. And of course he will give me that michevious smile of his when i want to take a photo..

To everyone who has prayed for our family, for Aldrich, and for his doctors, from the bottom of our hearts, THANK YOU! 🙏 Your prayers, love and support mean more to us than words could ever express.

Please continue to keep Aldrich and his medical team in your prayers as we take these next steps. We are trusting God to carry us through this journey, one day at a time.

GOD IS GOOD, even in the hardest moments. 🙏💙

19/09/2026

🎗️❤️

19/09/2026

💙 OP PAD NA KAAPSTAD 💙

Vandag is Aldrich en sy mamma Lisa op pad Kaapstad toe vir hierdie volgende hoofstuk van ons reis. 🙏

Ons weet nie presies wat vir ons voorlê nie, maar ons hou vas aan ons geloof en vertrou dat GOD ons deur elke tree sal dra.

Asseblief, bid saam met ons vir veilige reis, krag, moed en goeie nuus. Bid vir Aldrich, vir sy dokters en vir my as sy mamma, dat ek die krag sal hê om hom deur hierdie moeilike tyd te ondersteun.

Ons harte is swaar, maar ons stap hierdie pad met geloof, hoop en die liefde van almal wat saam met ons bid. ❤️

GOD IS GOOD, ALTYD. 🙌

https://www.facebook.com/share/1DpPwAixXp/
16/09/2026

https://www.facebook.com/share/1DpPwAixXp/

Mosselbaai-tiener se kanker terug ná remissie: ‘Ons moet weer met onsekerheid leef’

Lees hier: https://bit.ly/4dif73e

Aldrich Kruger van Mosselbaai se kanker was twee jaar in remissie. Nou, ses jaar ná sy eerste diagnose, is dieselfde kanker weer aktief in sy longe – en sy gesin moet weer wag om te hoor wat die pad vorentoe gaan behels.

Ek sit en wonder hoe ’n mens ooit die regte woorde kry om dankie te sê…Dankie vir elke boodskap.Elke kommentaar.Elke opr...
15/09/2026

Ek sit en wonder hoe ’n mens ooit die regte woorde kry om dankie te sê…

Dankie vir elke boodskap.
Elke kommentaar.
Elke oproep.
Elke gebed.
Elke traan wat saam met ons gehuil word.
Elke persoon wat vir Aldrich sê hy moet aanhou veg.
Elke persoon wat ons net laat weet: *“Ons is hier.”*

Julle sal nooit weet hoeveel dit vir ons beteken nie. ❤️

Maar vandag wil ek ook net eerlik wees…

Ek sukkel.

Ek sukkel as mamma.

Daar is ’n stemmetjie in my kop wat aanhou vra:

Het ek genoeg gedoen?
Het ek goed genoeg na hom gekyk?
Het ek enigiets gemis?
Het ek hom genoeg beskerm?
Het ek hom genoeg laat voel dat hy veilig is?
Het hy geweet, elke liewe dag, hoe ongelooflik lief ek hom het?

En dan voel ek daardie verskriklike skuldgevoel wat ’n mens as ma nie altyd hardop kan sê nie…

Voel ek asof ek my kind in die steek laat.

Ek weet diep binne-in my dat ek alles gedoen het wat ek kon. Ek weet ek het hom liefgehad met alles in my. Ek weet ek het hom vasgehou, vir hom gebid, saam met hom gehuil en elke keer weer opgestaan.

Maar wanneer jou kind seer het, voel dit nooit asof jy genoeg gedoen het nie.

Aldrich is 18.

Hy is nou ’n jong man.

Maar vir my…
... sal hy altyd my groen-oog seuntjie wees. 💚

My Green Eyed Boy.

Die seuntjie wat ek wou beskerm teen alles wat sleg is in hierdie wêreld.

En nou staan ek hier en kyk hoe hy weer teen kanker moet veg, en al wat elke mamma in my wil doen, is om hom op te tel, hom vas te hou en vir hom te sê:

“Mamma sal dit vir jou vat.”

Maar ek kan nie.

Ek kan nie hierdie kanker uit sy liggaam haal nie.
Ek kan nie sy vrees wegvat nie.
Ek kan nie die pad vir hom loop nie.

Al wat ek kan doen, is om langs hom te staan.

Om sy hand vas te hou.

Om hom lief te hê.

Om hom te herinner dat hy nooit alleen is nie.

En om op my knieë te gaan en God te smeek om my kind te dra wanneer ek hom nie meer kan dra nie. 🙏🏻

Ons weet nie wat voorlê nie. Ons weet nie wat die volgende paar dae, weke of maande gaan bring nie.

Maar ons weet wel dat ons nie alleen stap nie.

Julle stap saam met ons.

En daarvoor sal ek, as Aldrich se mamma, vir altyd dankbaar wees.

Dankie dat julle my seun liefhet.

Dankie dat julle vir hom bid.

Dankie dat julle ons dra wanneer ons self nie meer weet hoe om vorentoe te gaan nie.

En asseblief… **hou aan bid.**

Bid vir my Green Eyed Boy. 💚
Bid vir sy liggaam.
Bid vir sy hart.
Bid vir sy moed.
Bid vir sy dokters.
Bid vir wysheid oor die pad vorentoe.

En bid ook ’n bietjie vir sy mamma…

Want hierdie mamma se hart is baie, baie moeg. 💔

Maar ek sal aanhou.
... Vir hom.

Want hy is my kind.

My seun.

My warrior.

My Green Eyed Boy. 💚

En tot my laaste asem sal ek hom liefhê, vir hom veg en vir hom bid.

🙏🏻💚 **GOD IS GOOD.**

Address

Mossel Bay

Telephone

+27826243159

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aldrich The Strong posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Aldrich The Strong:

Shortcuts

Share