06/03/2026
Ansie Engelbrecht, dieetkundige, open praktyk in Skool straat.
Die mensdom word konfronteer om te onderskei tussen onrealistiese, verwarrende beloftes oor voeding. Ek help graag met wetenskaplik gefundeerde individuele voedingsorg volgens jou lewenstyl. Om saam met jou ‘n pad te loop, sodat jy toegrus is om te kan floreer sonder die druk van diëte of streng reëls.
“Compassionate nutritional care for every women”
Focusing on
• Nutritional related issues
• Insulin resistance
• Diabetes
• PCOS
• Menopause
• Weight management
• Nutrition in aging
Ingekontrakteer met groter mediese fondse.
10% korting vir selfbetalende kliënte, volgens mediese fonds tariewe.
Kontak my gerus vir ‘n afspraak:
WhatsApp: 082 924 3370
Epos: [email protected]
Na wonderlike jare in Kimberley waar ek vir 26 jaar ‘n bedrywige privaat praktyk gehad het, neem ek ‘n sabbatstyd en ons verhuis na Paarl. Ons is gelukkig om gou deel van ‘n gemeenskap te word, waar ons hartsmense ontmoet.
Teen einde 2025 verlang ek daarna om my beroep te beoefen en mense aan te raak.
Ek spring aan die werk om voor te berei, met die luukse van tyd en om te fokus op dít wat my na aan die hart lê: vroue, asook voeding in veroudering.
Vroue is fenomenaal!
Ouer word ‘n uitdaging.
📍Skool straat 10, 2e vloer ingang van Cureday daghospitaal, Groenvlei, Paarl