Rhythm by Anine

Call Website Contact the business

Rhythm by Anine Overwhelmed by health advice? I help busy moms & dads keep it simple with clean products and real habits. Safer swaps for your home & body.
↓ Order on WhatsApp

28/09/2026

Groei gebeur binne-in roetine.

Vind ritmes wat roetine raak, en roetine raak gewoontes — gewoontes wat boustene word tot jou doelwitte.

Dit gaan nie altyd oor groot veranderinge nie. Dit gaan oor die klein keuses wat jy herhaal totdat dit deel van jou leefstyl word.

Kom groei saam by Lifestyle Club!

Kom woon 3 GRATIS klasse by en ontdek ’n nuwe roetine wat jou help om sterker te word — van binne en buite.

Pilates • Krag & Toning • Beweging • Gemeenskap •

Jou groei begin met een klein keuse.
Kom begin saam met ons.

17/09/2026

Gesond leef hoef nie so ingewikkeld te wees nie. 🤍

Ek deel hier eenvoudige, realistiese keuses vir jou liggaam, jou huis en jou gesin — sonder perfeksie, sonder uiterstes.

Net ’n ritme waarna jy kan terugkeer.

Welkom by Rhythm.

01/09/2026

Kom groei en beweeg saam!

24/08/2026

As ek elke week net probeer oorleef tot Vrydag, is iets te vinnig.

So ek het ’n paar dinge gekanselleer.
Ons ritme moet stadig genoeg wees dat almal in my huis kan byhou. 🤍

Wat kan jy hierdie week uit jou dagboek haal?

13/08/2026

Ek het vir 3 nagte in n ry genoeg geslaap!
Toe maak ek die fout om alles wat ek aanhou uitstel het, op 1 dag te doen.
n Oorvol dag, maak dan dat ek weer nie baie goed slaap nie.
Ek moet leer om nie my energie totaal leeg te tap nie.

Is jy ook n 0 - 100 mens?

10/08/2026

Ek word geskiet. Geboul. Geskop. En soms sommer net raakgeloop. 😂
Maar jinne, ek LOVE hierdie seuntjie-ma lewe. 🤎

Die geraas. Die energie. Die kompetisie oor absoluut ALLES. 😅
En die feit dat enige gewone oomblik binne sekondes in ’n game kan verander.

Ek moet gereeld herinner:
“BODY SHOTS JULLE!” 😂

23/07/2026

Ons elkeen het soms ’n af dag.

Dankie tog mense is nie bloubessies nie. 🤍🫐

22/07/2026

Ons kry dit nie altyd reg nie.

Ons verstaan mekaar nie altyd nie.

Maar ons kies steeds om jammer te sê, te vergewe en weer te begin.

Dalk is dit die beste verjaardaggeskenk wat ons vir ons kinders kan gee. 🤍

Wees eerlik..... Wat is die moeilikste deel van 'n gesonde leefstyl? Om gemotiveerd te bly.Om nee te se vir lekkernye?Om...
21/07/2026

Wees eerlik..... Wat is die moeilikste deel van 'n gesonde leefstyl?

Om gemotiveerd te bly.
Om nee te se vir lekkernye?
Om tyd vir oefening te maak?
Om genoeg te rus?

Daar is geen regte of verkeerde antwoord nie. Ek sal begin: Vir my is genoeg rus nogal moeilik om gereeld te doen.

Jou beurt,,,,,,,,,?

21/07/2026

Partykeer is die gesondste ding wat jy vandag kan doen nie om nog ’n aanvulling te koop of jou dieet te verander nie.

Partykeer is dit om iemand te bel.
Om saam koffie te drink.
Om saam te lag.
Om saam stil te wees.

Ons is nie gemaak om alles alleen te dra nie.

Verhoudings voed iets wat kos alleen nie kan doen nie.

Dis ook deel van ’n gesonde ritme.
❤️

Address

11 Goedehoop Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rhythm by Anine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Rhythm by Anine:

Share