Animo Spatium

Call Website Contact the business

Animo Spatium Helping teachers breathe again.

06/10/2026

Die vakansie is verby en om eerlik te wees kon dit net sowel โ€™n gewone werksweek gewees het.

Hope merkwerk. Drie ekstra dae saam met die matrieks. Nog merkwerk. Beplanning. En nou is jy terug, maar nie juis uitgerus nie.

Vir baie onderwysers beteken rus:

โ€œEk sal rus wanneer alles klaar is.โ€

Die probleem? Alles raak nooit klaar nie.

Daar is altyd nog boeke om te merk, nog โ€™n les om voor te berei, nog โ€™n boodskap om te beantwoord.

Miskien moet ons dus rus anders begin verstaan.

Rus is nie โ€™n beloning wanneer die hope werk uiteindelik klaar is nie.

Doen (en dink oor) klein goedjies anders...

Eet jou middagete weg van jou lessenaar.
Gaan stap vir tien minute ( al is dit net om jou klaskamer).
Sit jou foon neer!
Haal asem.
Maak jou skootrekenaar toe en sรช: โ€œVir vandag is ek klaar.โ€

En dan nรณg รฑ groter uitdaging:

Doen minder.

Nie omdat jou werk nie belangrik is nie. Juis รณmdat dit belangrik is.

Probeer dink:
Wat kan jy wegneem?
Wat kan eenvoudiger?
Wat hoef nie vandag gedoen te word nie?
Waar kan jy โ€™n grens trek?

Ons hoef nie nรณg โ€™n taak by ons dag te voeg om uitbranding te voorkom nie.

Miskien moet ons eerder begin vra:
"Wat kan ek wegneem?"

Jy het hierdie werk gekies omdat dit saak maak, maar jรฝ is ook deel van die werk.

En jy het ruimte nodig om asem te haal.

Nie eers wanneer alles klaar is nie.

Nou... ๐ŸŒฟ




06/09/2026

๐ŸŒฟJou roeping is nie jou werk nie...

Baie mense wag vir daardie magiese oomblik wanneer hulle skielik sal weet wat hulle met hul lewe moet doen. Hulle wag vir โ€™n duidelike roeping...โ€™n beroep wat net reg voel, of daardie sekerheid dat hulle presies doen waarvoor hulle bedoel is. Vir sommige mense kom daardie gevoel egter nooit nie...maar dit beteken nie dat daar iets fout is nie.

Die sielkundige Amy Wrzesniewski het ondersoek ingestel na hoe mense hul werk ervaar. Sy het gevind dat mense hul werk meestal op drie maniere kan sien: as โ€™n werk, โ€™n loopbaan of โ€™n roeping.

โ€ข โ€™n Werk is iets wat jou โ€™n inkomste gee en jou help om jou rekeninge te betaal.
โ€ข โ€™n Loopbaan help jou om vaardighede en ervaring te bou en om professioneel te groei.
โ€ข โ€™n Roeping is gekoppel aan โ€™n dieper rede waarom jy doen wat jy doen, soos om ander mense te help of iets in die wรชreld beter te maak.

Die interessante deel van haar navorsing is dat mense wat presies dieselfde beroep beoefen, hul werk op baie verskillende maniere kan sien. โ€™n Beroep bepaal dus nie vanself of jou werk vir jou โ€™n werk, โ€™n loopbaan of โ€™n roeping is nie.

Dit beteken ook dat jy nie noodwendig jou werk hoef te verander om jou roeping te leef nie.

Jy kan begin deur te kyk na die werk wat jy reeds doen en te vra hoe jy dit meer betekenisvol kan maak. Jy kan dalk meer tyd gee aan take wat vir jou belangrik is, beter verhoudings met mense by die werk bou, of anders begin dink oor die waarde van jou rol. Jy kan ook meer aandag gee aan die mense wat deur jou werk gehelp word.

Hierdie proses staan bekend as "job crafting". Dit beteken eenvoudig dat jy sekere dele van jou werk verander om dit beter te laat pas by wat vir jou belangrik is.

Dink byvoorbeeld aan โ€™n onderwyser wie se roeping is om leerders te help groei. Die roeping word nie net tydens โ€™n les uitgeleef nie. Dit is ook daar wanneer die onderwyser โ€™n leerder help wat sukkel, โ€™n kind raaksien wat ander miskyk, of nรก klas โ€™n paar ekstra minute gee om iets weer te verduidelik.

Die take verskil, maar die rede daaragter bly dieselfde.

Jou roeping is nie noodwendig die werk wat jy doen nie. Jou roeping is die rede waarom jy dit doen.

Miskien hoef jy dus nie altyd te vra: โ€œWat is my roeping?โ€ nie.

Vra eerder:

โ€ข Waarom doen ek hierdie werk?
โ€ข Wie wil ek deur my werk help?
โ€ข Wat is vir my belangrik in die werk wat ek doen?
โ€ข Waar kan ek vandag meer daarvan uitleef?

Jy het dalk nie โ€™n nuwe werk of โ€™n heeltemal ander lewe nodig om meer vervuld te voel nie.

Miskien moet jy net weer die verband raaksien tussen wat jy elke dag doen en dit wat vir jou werklik belangrik is.

Jou werk hoef dus nie jou roeping te wees nie. Dit kan eenvoudig โ€™n plek wees waar jy jou roeping uitleef...

๐ŸŒฟ Ons eerste gasskrywer!Ons is baie opgewonde om Dr. Liezl Byliefeldt as Animo se eerste gasskrywer te verwelkom. ๐Ÿ’šIn โ€œP...
02/09/2026

๐ŸŒฟ Ons eerste gasskrywer!

Ons is baie opgewonde om Dr.
Liezl Byliefeldt as Animo se eerste gasskrywer te verwelkom. ๐Ÿ’š

In โ€œPermission to Pauseโ€ nooi Liezl ons om anders te kyk na daardie oomblikke wanneer die lewe vinnig en oorweldigend voel. Soms is die belangrikste ding wat ons kan doen, om net vir โ€™n oomblik stil te staan.

Liezl, baie welkom by Animo, en dankie dat jy jou kennis en insigte met ons deel. ๐ŸŒฑ

๐Ÿ‘‡๐ŸผLees โ€œPermission to Pauseโ€ hier...

In challenging situations, difficult thoughts and feelings arise, overwhelm and often disrupt. When this happens, we tend to be caught up or get โ€œhookedโ€ by these thoughts and feelings.

๐ƒ๐ข๐ž ๐Š๐ฅ๐š๐ฌ-๐๐จ๐จ๐๐ค๐š๐ฌ ๐Ÿ“š๐ŸงฐIn die meeste Suid-Afrikaanse skole is daar nie โ€™n aflosonderwyser wat net wag om in te spring wannee...
31/08/2026

๐ƒ๐ข๐ž ๐Š๐ฅ๐š๐ฌ-๐๐จ๐จ๐๐ค๐š๐ฌ ๐Ÿ“š๐Ÿงฐ

In die meeste Suid-Afrikaanse skole is daar nie โ€™n aflosonderwyser wat net wag om in te spring wanneer iemand siek word nie.

Jy word wakker en voel sleg. Jy weet jy moet eintlik by die huis bly, maar dan dink jy aan jou klas en aan jou kollegas.

Wie gaan jou klas oorneem? Wie gaan hul vryperiode verloor? Waar gaan daardie kinders almal sit?

En voor jy jou kom kry, trek jy maar aan en gaan werk toe.

Maar wat as ons dit vir mekaar โ€™n bietjie makliker kan maak?

๐Ÿงฐ ๐’๐ค๐ž๐ฉ โ€™๐ง ๐Š๐ฅ๐š๐ฌ-๐๐จ๐จ๐๐ค๐š๐ฌ...

Die idee is eenvoudig.

โ€™n Graadgroep of vakdepartement skep een gedeelde lรชer en hou dit byderhand iewers in die personeekamer. Elke onderwyser sit โ€™n paar eenvoudige, klaargemaakte lesse daarin wat iemand anders kan gebruik indien nodig.

Dit hoef niks ingewikkeld te wees nie.

Die Wiskundedepartement kan byvoorbeeld โ€™n paar werkvelgebaseerde lesse gereed hรช. โ€™n Graad 4-span kan โ€™n paar lesse vir elke vak op die rooster bymekaar sit.

Die idee is dat iemand wat die klas nog nooit onderrig het nie, dit ook kan gebruik.

๐Ÿฅด ๐–๐š๐ง๐ญ ๐๐ข๐ž ๐ฅ๐ž๐ฐ๐ž ๐ ๐ž๐›๐ž๐ฎ๐ซ...

Griep, โ€™n migraine, โ€™n kind wat siek word, โ€™n gesinsnoodgeval of sommer net een van daardie dae wat jy besef: vandag kan ek nie.

Dan is daar ten minste โ€™n plek waar die kollega wat jou klas oorneem, โ€™n bruikbare les kan kry en net kan aangaan.

๐„๐ง ๐๐ข๐ญ ๐ข๐ฌ ๐ง๐ข๐ž โ€™๐ง ๐ซ๐ฎ๐ข๐ฅ๐ฌ๐ญ๐ž๐ฅ๐ฌ๐ž๐ฅ ๐ง๐ข๐ž...

Jy sit โ€™n les in die Klas-Noodkas sonder om te weet wie dit gaan gebruik.

Dalk help dit jou kollega volgende week.

Dalk help dit iemand eers oor โ€™n paar maande.

Dalk is dit jy wat dit eendag nodig het.

Dis eintlik maar net โ€™n klein manier om vir mekaar te sรช:

โ€œEk het iets hier gelos. As jy dit eendag nodig het, gebruik dit.โ€

Kies drie kollegas hierdie week.

Skep โ€™n gedeelde lรชer.

Sit elkeen een les daarin.

Jy weet dalk nie wie jy gaan help nie, maar jy weet jy het iets gedoen om iemand se dag dalk โ€™n bietjie makliker te maak. โค๏ธ

Jy hoef nie 'n oefensessie of 'n stil kamer te hรช om jou senuweestelsel te kalmeer nie. Jy het net 30 sekondes nodig.๐ŸŒฟ 3...
19/08/2026

Jy hoef nie 'n oefensessie of 'n stil kamer te hรช om jou senuweestelsel te kalmeer nie.

Jy het net 30 sekondes nodig.

๐ŸŒฟ 30-sekonde "reset" (probeer dit tussen jou volgende twee klasse)

Stop. Sit albei jou voete plat op die grond.
Asem in deur jou neus vir 3 sekondes.
Asem stadig uit vir 5 sekondes.
Ontspan jou skouers terwyl jy uitasem.
Herhaal 3 keer.

๐Ÿ‘‰ Die sleutel: moenie probeer om "te ontspan" nie. Fokus net daarop om jou uitasem langer as jou inasem te maak.

๐Ÿง  Hoekom dit werk: 'n Langer uitasem stimuleer die vagussenuwee en gee jou senuweestelsel 'n kalmte-sein. Jou liggaam ontspan vanself, jy hoef dit nie te forseer nie.

"Tag" 'n onderwyser wat dit vandag nog kan gebruik. ๐Ÿ‘‡

15/08/2026

๐Ÿคฆ๐Ÿฝโ€โ™€๏ธTot hier toe en nie verder nie.

๐Ÿซ Daar is te min skole.
๐Ÿ‘ฉ๐Ÿฝโ€๐ŸŽ“ Duisende gekwalifiseerde onderwysers wat elke maand wegstap. ๐Ÿšธ Klasse met 39+ kinders in een lokaal. ๐Ÿ‘ฉ๐Ÿฝโ€๐Ÿซ 'n Kurrikulum wat niemand kan afhandel sonder om elke aand laat te werk nie of ektra periodes aan die einde van die skooldag by te voeg nie.

Ons kan aanhou kwaad wees, of ons kan begin optree.

Die stelsel gaan nie oornag regkom nie. Maar 'n skool het NIE die Departement se toestemming nodig om vandag iets te verander nie.

By party skole (bv. Muldersdrif Laerskool ) beplan onderwysers al klaar as spanne saam, in plaas van elkeen alleen tuis tot laataand. Dis nie 'n groot beleidskuif nie. Dit is 'n uur per week wat 'n skoolhoof besluit om te beskerm.

Vyf dinge wat enige skool vandag kan probeer, sonder om vir 'n nasionale begroting te wag:

- Beskerm een periode per week waarteen geen vergadering geskeduleer word nie
- Stel 'n grens: geen WhatsApp aan personeel na 17:00 nie
- Bou 'n gedeelde hulpbronbank sodat niemand dieselfde werkkaart vyf keer skep nie
- Begin elke personeelvergadering met een goeie ding wat hierdie week gewerk het
- Koppel 'n uitgeputte onderwyser aan 'n kollega wat net inloer en luister...

Elkeen hiervan kos 'n skoolbestuur niks, behalwe die wil om dit te probeer. Hierdie stappe gee 'n onderwyser regte asemruimte, al is dit net vir een week. Daardie ruimte is dikwels die verskil tussen 'n onderwyser wat bly, en een wat in Januarie nie opdaag nie.

**Twee maniere om nou betrokke te raak:**

1. **Doen dit self.** Sit jy in 'n SGB, ken jy 'n skoolhoof, of staan jy self voor 'n klas? Kies een van hierdie vyf dinge hierbo en vra jou skool om dit vir een kwartaal te probeer.
2. **Wys ander hoe.** Doen julle skool al een van hierdie, of iets soortgelyks? Los 'n comment of stuur 'n boodskap. Ons bou 'n lys van skole wat bereid is om ander skole te wys hoe hulle dit regkry, sodat niemand van voor af hoef te begin nie.

๐Ÿ‘‰๐ŸฝDeel hierdie plasing. Tag jou skool se SGB. Ons was lank genoeg net kwaad gewees. Kom ons maak รฑ daadwerklike en volhoubare verskil...


PERMAH-reeks ยท 6 van 6Die H is vir Gesondheid (Health).Gesondheid is die grondslag waarop die ander vyf boustene van wel...
08/08/2026

PERMAH-reeks ยท 6 van 6

Die H is vir Gesondheid (Health).

Gesondheid is die grondslag waarop die ander vyf boustene van welstand rus. Wanneer ons liggaam en gees moeg en oorlaai is, raak dit moeiliker om vreugde te ervaar, teenwoordig te wees, verhoudings te koester, betekenis te vind en ons doelwitte te bereik.

๐ŸŒฟ Probeer dit vandag:
Kies een klein aksie waarmee jy vir jou liggaam kan sorg:
๐Ÿ’ง Drink 'n ekstra glas water.
๐Ÿšถโ€โ™€๏ธ Neem tien minute om te gaan stap.
๐Ÿ˜ด Gaan vanaand 'n bietjie vroeรซr bed toe.

Klein gewoontes, wat gereeld herhaal word, word die boustene van volhoubare welstand.

๐Ÿ’ฌ Watter een kies jy vandag?

Dit was ons ses boustene van PERMAH:
Positiewe emosies (Positive Emotion), Betrokkenheid (Engagement), Verhoudings (Relationships), Betekenis (Meaning), Prestasie (Achievement) en Gesondheid (Health).

Welstand gaan nie daaroor om alles perfek te doen nie, maar om gereeld aandag te gee aan diรฉ dinge wat saak maak.

Dankie dat jy saam met my deur die PERMAH-reeks gestap het. ๐Ÿ’›





PERMAH-reeks ยท 5 van 6Die A is vir Prestasie (Achievement).Ons dink maklik prestasie beteken groot suksesse of buitengew...
06/08/2026

PERMAH-reeks ยท 5 van 6

Die A is vir Prestasie (Achievement).

Ons dink maklik prestasie beteken groot suksesse of buitengewone prestasies. Maar welstand groei ook wanneer ons klein oorwinnings raaksien.

Ons is dikwels haastig om na die volgende taak aan te beweeg, en traag om stil te staan by wat ons reeds bereik het.

๐ŸŒŸ Probeer vandag die volgende:
Vra jouself: "Wat het ek vandag reggekry?"

Skryf net een ding neer...hoe klein of alledaags dit ook al voel. Elke tree vorentoe verdien erkenning.

๐Ÿ’ฌ Wat is jou klein oorwinning vir vandag?

Volgende is die laaste bousteen: die H vir Gesondheid (Health).





PERMAH-reeks ยท 4 van 6Die M is vir Betekenis (Meaning).Betekenis is die gevoel dat wat jy doen, deel is van iets groter ...
04/08/2026

PERMAH-reeks ยท 4 van 6

Die M is vir Betekenis (Meaning).

Betekenis is die gevoel dat wat jy doen, deel is van iets groter as jouself. Dit herinner jou waarom jou werk saak maak...selfs op dae wanneer jy moeg of moedeloos voel.

๐ŸŒฟ Probeer vandag die volgende:
Voltooi hierdie sin:
"My werk maak saak, omdat..."

Skryf net een sin. Soms is dit al wat nodig is om weer met jou "waarom" kontak te maak.

๐Ÿ’ฌ Wat gee jรณรบ werk betekenis?

Volgende is die A: Prestasie (Achievement).





PERMAH-reeks ยท 3 van 6Die R is vir Verhoudings (Relationships).Sterk verhoudings is een van die grootste boustene van we...
02/08/2026

PERMAH-reeks ยท 3 van 6

Die R is vir Verhoudings (Relationships).

Sterk verhoudings is een van die grootste boustene van welstand. Om gesien, gehoor en ondersteun te voel, help ons om uitdagings beter te hanteer en vreugde voller te beleef.

๐Ÿ’› Probeer dit vandag:
Stuur vir iemand met wie jy lanklaas kontak gehad het 'n kort boodskap. Net 'n eenvoudige: "Ek dink vandag aan jou. Ek hoop dit gaan goed." Soms beteken die kleinste gebaar meer as wat jy dink.

๐Ÿ’ฌ Hoe het jy gevoel toe jy die "send" knoppie druk?

Volgende is die M: Betekenis (Meaning).





Address

Pretoria
0001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Animo Spatium posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Animo Spatium:

Shortcuts

Share