Marita on Nutrition

Marita on Nutrition Dr. Marita Serfontein,PhD RD(SA), is a Registered Dietitian with over 20 years of experience in evidence-based, nutrition.

Based in South Africa, she offers personalised nutrition support for individuals and science-backed wellness programs for businesses

02/09/2026

‘Natural’ and ‘proven are not the same thing 🧬🔬

Peptides are a good example. Yes, our bodies naturally produce peptides, but that doesn’t automatically mean every peptide product being marketed to us is safe, effective or backed by solid evidence.

And when something suddenly promises to improve everything from ageing and weight loss to energy and general wellbeing, it’s worth keeping a clear head.

The science around peptides is evolving, and for many applications, we simply don’t have the long-term studies yet to support the bigger promises being made.

🧬 In this reel, I unpack why “your body produces it naturally” should never be a reason to leave your critical thinking at the door.

Curious? Absolutely. Convinced? Let’s allow the evidence to catch up first.





30/08/2026

Jy is vol goggas (maar dis goeie nuus!) 🦠✨🌱

Jou spysverteringskanaal huisves triljoene mikro-organismes wat saam jou dermmikrobioom vorm. En hierdie klein gemeenskap speel 'n veel groter rol in jou algemene gesondheid as wat jy dalk d**k.

Die geheim lê onder meer in verskeidenheid. Ons wil hê dat verskillende voordelige bakterieë daar moet floreer, en wat jy eet, kan help om hulle te ondersteun.

Gefermenteerde kosse soos kefir, suurkool en kombucha kan deel van die prentjie wees. Daar is ook spesifieke bakteriestamme wat vir bepaalde toepassings nagevors word, waaronder Lactiplantibacillus plantarum 299v (LP299V) vir spysverteringsimptome.

In hierdie reel gesels ek oor jou spysverteringskanaal se klein maar magtige maatjies, en 'n paar eenvoudige maniere om beter na jou mikrobioom om te sien.

👉 Wat doen jy reeds om jou dermgesondheid te ondersteun?





13/08/2026

GOEIE NUUS! Nie alle voedingsaansprake is bemarkingspraatjies nie 🛒🫐🍎

Sommige het letterlik miljoene lewens verander...

Ons hoor gereeld dat ons versigtig moet wees vir produkte wat as 'verryk', 'versterk' of 'verbeter' bemark word. En dit is goeie raad. Maar daar is uitsonderings.

🧂 Die byvoeging van JODIUM tot tafelsout het jodiumtekorte en die gevolge daarvan dramaties verminder.

🤰 FOLIENSUUR het gehelp om neurale buisdefekte tydens swangerskap aansienlik te verminder.

Twee eenvoudige voedingsingrypings. Twee buitengewone openbare gesondheidsuksesse.

In hierdie reel gesels ek oor hoekom hierdie twee voedingsaansprake die uitsondering op die reël is, en waarom die wetenskap hier baie duidelik is.





29/07/2026

GOEIE NUUS: Jy hoef nie perfek te eet om gesonder te leef nie 🥗💚

Selfs ek slaan nie elke dag die spyker op die kop nie.

As dieetkundige weet ek hoe maklik dit is om te voel jy móét elke dag al die regte besluite neem. Genoeg vesel. Genoeg proteïen. Meer groente. Minder suiker. Meer water. Maar gesondheid word nie deur een perfekte maaltyd gebou nie. Dit word gebou deur die klein keuses wat ons dag ná dag maak.

Vra jouself: 'Wat is die EEN ding wat ek vandag beter kan doen?'

In hierdie reel deel ek waarom volhoubare gewoontes altyd belangriker is as perfeksie, en hoe selfs klein veranderinge met tyd 'n groot verskil kan maak.

👉 Kyk die volledige video en laat weet gerus: Wat is een klein gesonde gewoonte waaraan jy hierdie week wil werk?





20/07/2026

D**k jy magnesium is maar net... magnesium? 🧬👩‍🔬🧬

Toe nou nie!

Magnesium speel ‘n belangrike rol in jou liggaam, en het ‘n impak om belangrike dinge soos slaap, oefenprestasie en spierfunksie. Maar nie alle magnesium-aanvullings is dieselfde nie, en die tipe wat jy kies, kan ‘n groot verskil maak.

Die goeie nuus? Magnesium kom ook natuurlik in heelwat alledaagse kosse voor.

In hierdie reel gesels ek oor:

✔️ Watter kosse goeie bronne van magnesium is.
✔️ Die verskillende tipes magnesium-aanvullings.
✔️ Watter vorme die beste kan werk vir slaap en oefenprestasie.

Kyk die volledige video en laat weet gerus: Gebruik jy tans ‘n magnesium-aanvulling?





10/07/2026

GLP-1-medikasie ontwikkel teen ‘n ongelooflike tempo. Elke week lyk dit of daar nuwe navorsing, nuwe toepassings en nuwe produkte op die horison is.

Maar hoe meer inligting beskikbaar raak, hoe makliker is dit om oorweldig te voel.

Gewigsverlies is immers nie net ‘n getal op ‘n skaal nie. Dit gaan ook oor die beskerming van spiermassa, die ondersteuning van jou voedingstatus en die ontwikkeling van volhoubare gewoontes wat jou gesondheid op die lang termyn dien.

✨✨ Daarom is die regte ondersteuning so belangrik ✨✨

In hierdie video deel ek waarom ‘n GLP-1-reis meer behoort te wees as net ‘n voorskrif, en hoe die regte voedingsbegeleiding jou kan help om die beste moontlike uitkomste te bereik.

👉 Kyk die volledige reel en laat weet gerus wat jou grootste vraag oor GLP-1-medikasie is.





Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Marita on Nutrition posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Marita on Nutrition:

Shortcuts

Share