Plaas Pap

Plaas Pap Plaas Pap brings you the wholesome taste of farm-style maize meal, rooted in tradition and nostalgia.

Our product captures the essence of simple farm life, offering a taste that reminds you of the farm, family meals, and the beauty of the land.

Plaaspap debat.Kom ons hoor nou eerlik.Pap moet wees:A) StywepapB) KrummelpapC) SlappapParty mense sê krummelpap is die ...
14/03/2026

Plaaspap debat.

Kom ons hoor nou eerlik.

Pap moet wees:

A) Stywepap
B) Krummelpap
C) Slappap

Party mense sê krummelpap is die enigste regte pap.
Ander sê slappap is die enigste manier.

En dan is daar die mense wat melk en suiker bysit… 👀

👇 Watter een is reg?

🌽 Die Pap-Debat is oop…Krummelpap-mense d**k hulle is reg…maar is hulle? 👀Slappap?Stywepap?Krummelpap?Hoe móét regte pap...
01/03/2026

🌽 Die Pap-Debat is oop…

Krummelpap-mense d**k hulle is reg…
maar is hulle? 👀

Slappap?
Stywepap?
Krummelpap?

Hoe móét regte pap wees?

Los jou stem hieronder 👇🔥

🌽 PlaasPap
’n Stukkie Plaas Onthou
www.opvakansieboerdery.co.za

🌽 *EGTE GEEL PLAASPAP – REGUIT VAN DIE PLAAS!*_*Verlang jy ook na daardie smaak van gister?*_By *Op Vakansie Boerdery* b...
19/02/2026

🌽 *EGTE GEEL PLAASPAP – REGUIT VAN DIE PLAAS!*

_*Verlang jy ook na daardie smaak van gister?*_

By *Op Vakansie Boerdery* bring ons *die plaas* na jou *kombuis* met ons *tradisionele Geel PlaasPap*.

✅ *Egte Growwe Meel* – Presies soos vanmeleè se dae
✅ Klassieke Grootte – *2.2kg sakkies* (die ou "5LB" maat).
✅ *Trooskos* – Ideaal vir krummelpap, stywepap of ’n lekker bord ontbyt-pap.

Prys :*R90 per sakkie*

📍 Beskikbaar by: *Op Vakansie Boerdery*
🔗 Bestel aanlyn: www.opvakansieboerdery.co.za
📞 Kontak ons by 073 675 2078

’n Stukkie Plaas Onthou. 🌾

🌽 Klantetevredenheid op sy beste!Wanneer iemand vir jou terugvoer gee voor 08:15 soggens, dan weet jy Plaas Pap is reg!S...
09/07/2025

🌽 Klantetevredenheid op sy beste!

Wanneer iemand vir jou terugvoer gee voor 08:15 soggens, dan weet jy Plaas Pap is reg!
Stywepap saam met kerrie stew – dis hoe ’n mens ’n dag begin...

Dankie vir elkeen wat PlaasPap koop, kook en saam met familie geniet.

👩‍🌾 Eerlike pap. Egte smaak.
Van die plaas, vir jou tafel.

Vir wanneer Plaas Pap alleen nie genoeg is saam jou braaivleis ...
23/06/2025

Vir wanneer Plaas Pap alleen nie genoeg is saam jou braaivleis ...

Ons het twee nuwe gunstelinge vir jou kombuis! Natuurlik, smaakvol en gesond.

Heuningasyn – Natuurlik gefermenteerde “heuningdrank”-asyn. Propvol geur én gesond. Gebruik dit in slaaie, marinades, oor jou skyfies ens.

Heuningasyn Slaaisous – Gemaak met ons eie Heuningasyn, geurige kruie en speserye. Heerlik oor enige slaai, oor jou skaapboud of as doopsous.

Sonder bymiddels. Sonder kunsmatige bestanddele. Net goeie goed 😉

Bestel nou by: 073 675 2078

🦁 Die verskil tussen ’n stadskat en ’n plaaskoning?🌽 ’n Bord PlaasPap elke oggend.💪🦁 Eet PlaasPap. Brul soos ’n leeu! – ...
12/06/2025

🦁 Die verskil tussen ’n stadskat en ’n plaaskoning?
🌽 ’n Bord PlaasPap elke oggend.💪

🦁 Eet PlaasPap. Brul soos ’n leeu!
– dis nie net kos nie, dis ’n leefstyl -

Ongesifte, growwe hamermeul mieliemeel
➡️ Wit – R70
➡️ Geel – R80

😩 Moeg vir ontbyt wat niks sê nie?Daai bak oats proe na karton. Weetbix? Meer soos Weet-nie-hoekom-nie.Dis tyd vir iets ...
10/06/2025

😩 Moeg vir ontbyt wat niks sê nie?
Daai bak oats proe na karton. Weetbix? Meer soos Weet-nie-hoekom-nie.

Dis tyd vir iets eg, iets met smaak, iets wat jou terugvat plaas toe…

🌽 Plaas Pap 🌽
– gemaak vir mense wat weet pap is nie net kos nie, DIS KULTUUR!

Of dit nou slappap is vir die kleingoed, stywepap voor ‘n dag in die veld, of krummelpap by die skaaptrekvuur – ons het die regte resep (én storie) vir jou.

Net water en ‘n bietjie tyd – die res is geskiedenis.
❤️ Elke happie smaak soos onthou.
Selfs jou kinders gaan vra vir nog.

👉 Kry jou PlaasPap vandag en gee jou oggende weer ‘n rede om op te staan.
Ongesifte, growwe hamermeul-mieliemeel – reguit van die plaas af.
➡️ Wit – R70
➡️ Geel – R80




08/06/2025

Het jy ook grootgeword met die geur van mieliepap wat op die stoof prut?

🌽🌽🌽

Nou bring ons daardie nostalgiese smaak direk na jou!
Plaas Pap is amper hier.

✔️ Eg ("non-GMO")
✔️grof gemaal
✔️ ongesif
✔️ Op Vakansie Boerdery gehalte

Prys: R70 per sak
Versending: Landwyd via PUDO
Bestellings: WhatsApp 0736752078

Bly ingeskakel vir die groot dag!

08/06/2025
As jy nie jou pap kan roer nie, bly liewer uit die kombuis uit...
11/05/2025

As jy nie jou pap kan roer nie, bly liewer uit die kombuis uit...

KRUMMELPAP (vir die Sondag-ontbyt of skaaptrek vuur)Sondagoggende op die plaas was vol verwagting – nie net vir dorp toe...
06/05/2025

KRUMMELPAP (vir die Sondag-ontbyt of skaaptrek vuur)

Sondagoggende op die plaas was vol verwagting – nie net vir dorp toe ry nie, maar ook vir die spesiale Sondag-ontbyt.
Krummelpap was koning.
As die sonnetjie skaars oor die horison loer, het Ma die water in die potjie gekook en die PlaasPap met ‘n vurk losgewerk tot perfekte, sagte krummels.
Soms, tydens ‘n skaaptrek in die veld, het ons die vuur aangesteek en daar onder die blou lug krummelpap gemaak – eenvoudig, rokerig en propvol herinneringe.
Elke happie het die smaak van huis, familie en ‘n lewe vol stories gehad.

STYWEPAP (reg vir braaivleis of 'n plaasontbyt)Op Sondae het die plaas wakker geword met die belofte van ‘n braaivleis l...
04/05/2025

STYWEPAP (reg vir braaivleis of 'n plaasontbyt)

Op Sondae het die plaas wakker geword met die belofte van ‘n braaivleis later die dag.
Maar voor daar vleis op kole gelê is, moes daar eers 'n stewige bord stywepap wees.
Pa het altyd gesê: 'n Ware boer bly staan nie sonder ‘n ordentlike papontbyt nie.
Die ketel het op die stoof gefluit, en die PlaasPap is met sorg geroer – stadig, sonder haas, want die geheime bestanddeel was tyd en liefde.
Die geur van varsgekookte stywepap het die kombuis gevul, en jy het geweet: vandag is 'n goeie dag op die plaas.

Address

Plaas Syfergat
Wolmaransstad

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Plaas Pap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Plaas Pap:

Share