07/07/2025
DANKBAAR
“Net nie Indië nie, enige ander plek” my woorde toe ons proton terapie oorweeg.
Daar is min lande wat proton terapie het, paar plekke in Amerika, Europa en Indië.
ABBA Vader het anders besluit: Dit sal Indië wees! Amerika en Europa werk nie uit vir ons nie terwyl alles net in plek val vir Indië….. definitief Yahweh se hand.
Waarom Indië van alle plekke? Ek wonder of ABBA my wil gebruik in Indië? Hoekom vir my?
Ek ken Hom, maar daar is baie ander mense wat Hy eerder kan stuur…. Ek wil Amerika of Europa toe.
Min het ek geweet Yahweh wil my nie in Indië gebruik nie, maar vir Indië in my.
Die Here het beslis ‘n sin vir humor! Nie net is dit Indië nie, maar ons bly reg oor ‘n hindu tempel waar ons elke oggend en aand en soms vir die hele dag vermaak word deur hulle klokke, dromme, gesange en offer reuke wat regdeur my gees sny.
“Here wat is die doel? Moet ek instap en vir hulle van U vertel of moet ek net bid vir elke verlore siel?”
Ek leer hier in Indië om alles oor te gee, die bietjie wat ek nog self wou reg maak is ook nou vir Abba gegee. maar hoe gaan ek die mense van Indië red, hulle is almal op die verkeerde pad!!! Daar moet ‘n rede wees, hoekom Indië?
Yahweh lag lekker vir my: “Ek red mense, nie jy nie!” OEPS! Lekker terug gebring aarde toe.
Ek begin besef dit gaan oor wat ek hier moet leer en nie wat ek hulle moet leer nie. Ek moet net ABBA en Sy liefde leef.
• Hoe dankbaar is ek dat ons ‘n lewende, liefdevolle Vader dien.
• ‘n Vader wat baie meer gee as neem.
• ‘n Vader vol beloftes
• ‘n Vader wat ons geneesheer is.
• ‘n Vader met wie ons ‘n intieme verhouding kan hê.
• ‘n Vader met wie ons alles kan deel selfs ons grootste vrese.
• ‘n Vader wat vir ons ‘n boek geskryf het vol van Sy waarheid tot in die fynste detail.
• ‘n Vader wat vir ons die ewige lewe gee.
• ‘n Vader wat Sy Seun stuur om vir my te sterf.
• ‘n Vader wat my as bruid vir Sy Seun wil hê.
• ‘n Vader wat vir ons vrye keuse gee om te kies tussen reg en verkeerd.
Ek kies Yahweh oor en oor en oor as my Eerste Liefde!!!
Ek gaan terug met ‘n hart vol dankbaarheid….. Donderdag! Ons vlieg Donderdag oggend en land Donderdag aand. AJ het nog net drie sessies proton terapie oor!?!