13/09/2023
๐ฃ๐ถ๐ผ๐ป๐ถ๐ฒ๐ฟ: ๐๐ป๐ป๐ถ๐พ๐๐ฒ ๐ง๐ต๐ฒ๐ฟ๐ผ๐ป
Annique Theron was โn Suid-Afrikaanse sakevrou wat suksesvol was weens haar velsorgreeks met rooibos as hoofbestanddeel.
Anna Elizabeth Theron (nรฉe Heystek) is op 18 April 1929 gebore en is op 21-jarige ouderdom met Hendrik Meiring Theron getroud. Hoewel sy haar as โn onderwyseres bekwaam het, het sy die begeerte gehad om โn sakevrou te word, hoewel vroulike entrepreneurs skaars was.
Haar jongste dogter, Lorinda, wat in 1967 gebore is, was โn koliekbaba wat gereeld siek was en wie se toestand weens allergieรซ verswak het. In April 1968, toe Lorinda veertien maande oud was, het Annique (wat toe nog as Annekie bekend gestaan het), haar melk met rooibostee verwarm, met die gevolg dat Lorinda se toestand dadelik verbeter het. Annekie het besef dat dit haar lewenstaak was om mense van die geneeskrag van rooibos te oortuig.
Sy het aanvanklik met skeptisisme te kampe gehad, maar haar nie deur โn gebrek aan ondersteuning en hulpbronne van stryk laat bring nie. In 1971 het sy Annekie Theron Ondernemings begin; dit is enkele jare later na Forever Young (Edms) Bpk. herdoop. Die maatskappy het velsorgprodukte met rooibosekstrak vervaardig en verkoop. Sy het die reeks Annique genoem om dit internasionaal meer toeganklik te maak. Die onderneming het in 1997 twee goue medaljes van die World Intellectual Property Organisation in Genรจve ontvang, en sy is aangewys as die internasionale vroulike uitvinder van die jaar.
Op 72-jarige ouderdom het sy โn doktorsgraad in geneeskunde aan die Commonwealth Open University verwerf. In 2005 het sy โn nuwe tuiskantoor in Irene betrek en die volgende jaar die onderneming se 35ste bestaansjaar gevier met die bekendstelling van โn spesiale verjongingsroom. In 2009 het dr. Annique Theron, soos sy toe reeds bekendgestaan het, haar outobiografie, ๐๐ข๐ฏ๐ฏ๐ข-๐ฎ๐บ ๐ท๐ฆ๐ณ๐ฉ๐ข๐ข๐ญ ๐ท๐ข๐ฏ ๐ณ๐ฐ๐ฐ๐ช๐ฃ๐ฐ๐ด๐ต๐ฆ๐ฆ ๐ฆ๐ฏ ๐ธ๐ฐ๐ฏ๐ฅ๐ฆ๐ณ๐ธ๐ฆ๐ณ๐ฌ๐ฆ, vrygestel.
Sy is op 22 Februarie 2016 in die ouderdom van 86 jaar oorlede.