04/09/2026
Something exciting is happening at Berg River Essential Health. 💚
We’re growing — and we’re looking forward to creating a bigger space for the Berg River community we’re so happy to be part of.
After many years in our current space, we’re giving the pharmacy a fresh new chapter — with more room to move, more space to serve you comfortably, and a welcoming environment for our customers and our team.
While the building work gets underway, we’ll temporarily be moving upstairs to the 1st floor, with a new entrance close to the inside corner of the building. This gives the builders the space they need to get to work, while we continue to welcome and serve you as usual.
We’re not going anywhere. We’re simply making room for what’s next.
We’re excited to see the plans become a reality, and we’ll be sharing some of the journey with you along the way.
Because ultimately, this is about creating a pharmacy that feels good to walk into — a place where you can continue to feel at home.
A new space. A fresh chapter. The same Essential Health heart. 💚
Iets opwindends is besig om by Berg River Essential Health te gebeur. 💚
Ons groei — en ons sien daarna uit om ’n groter ruimte te skep vir die Berg River-gemeenskap waarvan ons so graag deel is.
Na baie jare in ons huidige ruimte, begin ons ’n vars nuwe hoofstuk vir die apteek — met meer ruimte om te beweeg, meer plek om jou gemaklik te bedien, en ’n verwelkomende omgewing vir ons kliënte en ons span.
Terwyl die bouwerk begin, sal ons tydelik na die 1ste vloer verhuis, met ’n nuwe ingang naby die binnekantste hoek van die gebou. Dit gee die bouers die ruimte wat hulle nodig het om aan die werk te spring, terwyl ons jou steeds soos gewoonlik verwelkom en bedien.
Ons gaan nêrens heen nie. Ons maak n bietjie plek vir die volgende hoofstuk.
Ons is opgewonde om te sien hoe die planne ’n werklikheid word, en wil graag hierdie pad saam met ons gemeenskap stap en julle deel maak van die proses.
Want uiteindelik gaan dit daaroor om ’n apteek te skep waar dit lekker voel om in te stap — ’n plek waar jy steeds tuis kan voel.
’n Nuwe ruimte. ’n Vars hoofstuk. Dieselfde Essential Health-hart. 💚