07/09/2026
Net omdat ’n gedagte al lank saam met jou leef, beteken dit nie hy behoort nog daar te woon nie.
Kom ons wees eerlik… party van ons het sommer ’n paar gedagtes wat al jare lank huurvry in ons koppe bly. 🤨
“Ek is nie goed genoeg nie.”
“Ek kan dit nie doen nie.”
“Ek is te veel.”
“Wie sal nou na MY luister?”
En iewers langs die pad het ons dit begin glo
Soos… "wel, ek dink seker maar dis net wie ek is🤷♀️"
Maar is dit regtig waar? 👀
Want vriendin, net omdat jy iets oor jouself al honderd keer gedink het, maak dit dit nie ’n feit nie.
Party gedagtes is soos daardie ou klere in jou kas wat jy al drie jaar nie gedra het nie.Jy weet jy gaan dit nooit weer aantrek nie…maar jy hou dit steeds.
“Want wat as ek dit eendag nodig kry?” 😂
Nee man... Party goed moet net gaan
Dalk pas daardie ou “ek is nie genoeg nie” jou nie meer nie.
Dalk pas “ek kan nie” nie meer by die vrou wat jy besig is om te word nie.
En dalk is dit tyd om op te hou om jouself te sien deur die bril van ’n ou weergawe van jou.
Nie elke gedagte wat by jou opkom, verdien ’n stoel aan jou tafel nie. 👑
Jy mag dit uittrek.
Jy mag dit los.
Jy mag ’n nuwe waarheid kies.
En dalk is vandag ’n goeie dag om vir daardie een ou gedagte te sê
“Dankie… maar jy pas my nie meer nie.” 😉
Skuif jou Kroon reg... You got this!!! 💪🏻👑