Magda Calitz Maak ’n Kopskuif

Call Directions Website

Magda Calitz  Maak ’n Kopskuif Ek help vroue om anders na hulself, hul lewe en hul volgende seisoen te kyk, met eerlikheid, humor en ’n goeie Kopskuif. 👑

16/10/2026

WAT AS EEN AAND JOU WEER LAAT ONTHOU WIE JY IS?

Nie net wie jy vir almal rondom jou is nie, maar wie jy in Pappa Vader se oë is.

By TOO GLAM TO GIVE UP!! gaan ek praat oor jou identiteit, jou selfbeeld en jou Selftalk Stalker , daardie stemmetjie wat soms harder praat as die waarheid oor wie jy is.

My hart is dat jy nie net ’n lekker aand sal hê nie, maar dat jy huis toe sal gaan met iets wat jou inspireer om anders oor jouself te dink, met groter selfvertroue te leef en ’n verskil in jou wêreld te maak.

Ek glo hierdie boodskap kan jou lewe merkwaardig verander. En ek wil hê JY moet dit hoor!

Die datum kom nader, en ek moet binnekort weet hoeveel vroue saam met ons gaan wees.

As jy al gedink het jy wil kom, is dit nou die tyd om jou kaartjie te bespreek. Moenie wag vir iemand anders om die planne te maak nie, wees daardie vriendin wat die groep aan die gang kry!

🎟️ R300 per persoon | R1 350
vir 5 vriendinne
📅 Saterdag, 7 November 2026
📍 The Glen Venue,
Pretoria-Oos

Opsies om te bespreek:
1. Click op messages vir
BesprekingsLink
2. Bespreek op Maak ʼn Kopskuif
website

Ek sien soooo uit na hierdie aand, hoop ek sien julle daar!






Kom geniet ’n aand van inspirasie, vrouwees en selfvertroue! TOO GLAM TO GIVE UP!! is ’n spesiale jaarlikse vroue-aand, ...
14/10/2026

Kom geniet ’n aand van inspirasie, vrouwees en selfvertroue!

TOO GLAM TO GIVE UP!!
is ’n spesiale jaarlikse vroue-aand, aangebied deur Skuif Jou Kroon Reg, waar vroue geïnspireer word om weer raak te sien wie God hulle gemaak het om te wees, hul waarde te onthou en met meer selfvertroue die lewe aan te pak.

Saam met Magda Calitz, stigter van Maak ’n Kopskuif en Skuif Jou Kroon Reg, gaan ons op ’n vars, humoristiese en herkenbare manier kyk na hoe ons ons onsself sien en hoe ons selftalk ons selfbeeld en selfvertroue beïnvloed.

HIERDIE JAAR SE TEMA:
Ontmoet jou SELF-TALK STALKER!

Daardie stemmetjie in jou kop wat jou laat twyfel, jou met ander laat vergelyk of jou laat wonder of jy goed genoeg is…

Deur humor, herkenbare oomblikke en ’n inspirerende boodskap gaan Magda jou uitdaag om anders na jouself te kyk en jou te herinner aan die vrou wat God jou gemaak het om te wees.

Want soms begin ’n groot verandering met ’n klein kopskuif!

En omdat inspirasie en lekker kuier hand aan hand gaan, voeg ons ’n bietjie ekstra by die aand, met ons Pink Carpet, alkoholvrye Glam Mocktails, ’n fotohoek en die geleentheid om saam met ander vroue te kuier en mooi herinneringe te maak. ✨🥂📸

Een aand. Een keer ’n jaar.

’n Aand om geïnspireer te word, jou selfvertroue ’n hupstoot te gee en weer te onthou wie God jou gemaak het om te wees.
Want jy is TOO GLAM TO GIVE UP!!

🎟️ Wil jy jou kaartjies bespreek? Klik op Message hieronder vir die besprekingskakel, of bespreek direk op ons webwerf.

Een aand. Een keer ’n jaar. Moenie dit misloop nie!

Tag jou vriendinne met wie jy hierdie spesiale aand wil deel!

13/10/2026

Partykeer besef jy nie altyd hoe jou woorde, jou boodskappe of selfs ’n kort video iemand anders raak nie...

En dan kry jy ’n review soos hierdie een van Louise… en dit herinner jou WEER hoekom jy doen wat
jy doen. 🥹👑

Louise, BAIE dankie vir jou mooi woorde, jou ondersteuning en dat jy die tyd geneem het om dit met my te deel. Dit beteken vir my ongelooflik baie! ❤️

My hart is om vroue en jong meisies te help onthou wie God hulle gemaak het om te wees, om anders na hulself en die lewe te kyk, hul selfvertroue te bou en hul kroon weer reg te skuif. 👑✨

Ek glo elke vrou en elke meisie verdien om te weet wie God haar gemaak het om te wees. En as ek net één persoon op ’n slag daarmee kan help, is dit vir my die moeite werd.

Want as een boodskap iemand laat stop, dink, glimlag of net ’n bietjie anders na haarself laat kyk, dan weet ek ek doen waarvoor ek
geroep is. 💗

Want soms begin ’n verandering met net ’n klein kopskuif. 👑

Dankie aan elkeen wat my ondersteun en saam met my hierdie pad stap. Ons is nog lank nie klaar nie! 😉❤️



06/10/2026

🚨 PRETORIA GIRLS…
NOG NET 5 WEKE!🚨

As jy in Pretoria-area is, wil jy HIERDIE EEN NIE MISLOOP NIE! 💃🏼

Reël daai babysitter!
Stuur daai WhatsApp-group boodskap! 📲
Kry jou girls bymekaar… en kom geniet ’n aand wat jy vir ’n baie lang tyd gaan onthou! 💃🏼

TOO GLAM TO GIVE UP!✨

🍹 Glam Mocktails & lekker kuier
💗 Pink Carpet Entrance
📸 Foto’s en memories wat jy vir lank
gaan onthou
👀 En kom ontmoet jou SELFtalk
Stalker! 😏

📅 7 NOVEMBER
📍 THE GLEN
PRETORIA OOS
⏰ 17:30 - 21:00

Bring jou girls
Trek jou Casual Glam aan
En kom geniet ’n aand vol glam, lag, kuier en memories wat jy nog lank gaan onthou!

🚨 NOG NET 5 WEKE!

Kry jou kaartjie voordat jy later die foto’s sien en wens jy was daar❗️

👇🏼 TAG NOU DIE GIRLS WAT SAAM MET JOU MOET KOM!

02/10/2026

LADIES… 🚨
DIS TYD OM JOU PLANNE TE MAAK!

Kry jou girls.
Kry jou outfit.
KRY JOU BABYSITTER!

Want op 7 November gaan ons nie by die huis sit nie!

Ons gaan TOO GLAM TO GIVE UP!✨

’n Hele aand van
Glam
Lag
Foto’s
Glam Mocktails
Musiek
Girls time
Goeie vibes
👀 En kom ontmoet jou Selftalk Stalker!

So begin nou daai WhatsApp-groep
“Girls, wat trek ons aan?” 🤩💃

📅 7 November 2026
📍 The Glen Venue, Pretoria East
🎟️ Kaartjies Beperk!

Kry jou babysitter. Kry jou girls. Kry jou kaartjie.

Want hierdie is een aand wat jy NIE op die bank wil spandeer nie!

👉 Bespreek nou op Quicket of by www.maaknkopskuif.com

29/09/2026

Your mind can be your WORST enemy 👀

Ons almal het al vir onsself goed gesê soos:
“Ek is nie slim genoeg nie.”
“Ek is ’n mislukking.”
“Ek sal dit nooit kan doen nie.”
“Niks wat ek doen is ooit goed genoeg nie.”
“Dis seker maar net hoe my lewe is.”
En so kan ons aangaan met nog baie...

Maar as jy dit lank genoeg vir jouself sê… begin jy dit glo.
Dis amper soos om elke dag vir jouself in ’n gekraakte spieël te kyk. 🪞
Jy sien jouself… maar deur alles wat jy oor jouself begin glo het.

Dís hoekom Maak ’n Kopskuif vir my oor soveel meer as net jou gedagtes gaan.
Dit gaan oor jou as ’n hele mens — jou denke, identiteit, emosies, geloof, selfvertroue, liggaam, siel en gees.
En dis ook die hart agter my Maak ’n Kopskuif-aanlynwerkswinkelreeks wat binnekort kom.

Ek wil hê jy moet nie net iets hoor nie.
Ek wil hê jy moet iets oor jouself ontdek...
💡 Hoekom jy sekere goed oor jouself glo.
💡 Hoe jou gedagtes en emosies saamwerk.
💡 Waar geloof in die hele prentjie inpas.
💡 En hoe jy praktiese kopskuiwe kan maak wat jy regtig in jou lewe kan toepas.

Want ek wil jou nie net sê om “positief te dink” nie.

Ek wil hê jy moet verstaan wat in jou kop aangaan en leer wat jy daarmee kan doen.
Want die doel is nie om nooit weer ’n negatiewe gedagte te hê nie.
Die doel is om nie elke gedagte wat deur jou kop gaan, sommer te glo nie. 😉
En dís waar ’n Maak ’n Kopskuif begin. 💡

Kom ons kyk bietjie anders na die goed wat ons oor onsself glo.






24/09/2026

There is something powerful about a woman who knows who she is.

When she shifts her crown, finds her identity in God, and begins to see herself differently, she doesn’t only change her own story…

She changes what becomes possible for the generation after her.

From the young girl discovering who she is, to the woman finding her confidence, to the grandmother whose wisdom shapes generations…

Every woman carries influence. Every generation matters. 👑

And when women rise in identity, faith and confidence, the ripple reaches further than we may ever see, into our families, our communities and our nation.

That is the heart behind Maak ’n Kopskuif and Skuif Jou Kroon Reg.

One woman.
One mindset shift.
One generation at a time. 💕

Happy Heritage Day! 🇿🇦

21/09/2026

😂 Okay… genoeg van die “professionele” Magda!

Ek het besluit ek gaan bietjie iets anders doen… ek gaan julle sommer ’n bietjie in my wêreld innooi, sodat julle die REAL Magda kan leer ken. 👀

Nie die Proffessionele Magda nie, Net… Magda,
Koffie. Lipstick. Lag. Kuier. ’n Bietjie laf wees. En natuurlik… sommer net myself wees. ☕💄😂👑

Kom leer my ken! 🥰
So… wat wil julle eintlik van my weet? 👀




Address

40 High Road
Benoni

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Magda Calitz Maak ’n Kopskuif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share