03/03/2026
Wat 'n lekker middag om bewusmaking van Demensie te kan doen en inligting te gee oor hoe om iemand wat met Demensie leef te ondersteun.
Punte om weg te vat van die praatjie:
* Raak betrokke by jou gemeenskap en aktiwiteite wat hulle aanbied.
* Demensie het baie verskillende simptome, nie net geheueverlies nie.
* Iemand wat met Demensie leef kan steeds 'n lewe vol kwaliteit en vreugde hê.
* Belangrik om te oefen, kognitiewe stimulasie te kry en te sosialiseer.
Fisioterapie kan jou help om kwaliteit tot jou lewe toe te voeg.
Kontak my gerus vir tuis besoeke.
0611574486