Lettie Fouché Skool

Lettie Fouché Skool ONS STORIE

Lettie Fouché Skool is n skool vir verstandelik erg gestremde leerders en streef daarna om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.

🍰🌭 Lamingtons & Hotdogs in Klas 3A! 🌭🍰In Klas 3A is daar altyd plek vir ’n bietjie pret, lekkerte en saamwees! ❤️Ons het...
07/09/2026

🍰🌭 Lamingtons & Hotdogs in Klas 3A! 🌭🍰

In Klas 3A is daar altyd plek vir ’n bietjie pret, lekkerte en saamwees! ❤️

Ons het heerlike lamingtons geniet en natuurlik ook lekker hotdogs gehad. 😋🌭🍰 Dit was ’n heerlike geleentheid om saam te kuier, te geniet en kosbare herinneringe in ons klas te maak.

Want skool gaan nie net oor boeke en leer nie – dit gaan ook oor saamwees, pret hê en die klein oomblikke geniet! 🥰📚❤️

07/09/2026
🍔❤️ ’n Klas vol sjefs! ❤️🍔Vandag het ons klas heerlik prakties geleer… en natuurlik het ons dit baie lekker gemaak! 😋Ons...
04/09/2026

🍔❤️ ’n Klas vol sjefs! ❤️🍔

Vandag het ons klas heerlik prakties geleer… en natuurlik het ons dit baie lekker gemaak! 😋

Ons het vandag ons eie hamburgers gemaak – van die bestanddele bymekaar sit tot die finale produk geniet! 👩‍🍳👨‍🍳🍔

Daar was groot konsentrasie, baie opgewondenheid en sommer ’n hele klomp trots toe elkeen sy eie hamburger kon geniet. 🥰

Hierdie is die tipe leerervarings wat ons onthou – leer deur te doen, saam te werk en pret te hê! 🌟

🍔 Klein handjies, groot prestasies!
Small Steps, Big Rewards. 💙

🧶❄️ Skrifpatrone op ’n koue dag! ❄️🧶Op ’n koue dag kry ons die hande sommer lekker warm met ons Skrifpatrone! ❤️’n Bietj...
04/09/2026

🧶❄️ Skrifpatrone op ’n koue dag! ❄️🧶

Op ’n koue dag kry ons die hande sommer lekker warm met ons Skrifpatrone! ❤️

’n Bietjie kreatiwiteit, ’n bietjie warmte en natuurlik baie lekker saamkuier. ✨🧶

Want koue dae is perfek om iets moois te skep! 🥰

🪵✨ ’n Kykie by ons Houtwerkklas! ✨🪵Ons het gaan inloer by die Houtwerkklas en kon eerstehands sien hoe ons leerders met ...
04/09/2026

🪵✨ ’n Kykie by ons Houtwerkklas! ✨🪵

Ons het gaan inloer by die Houtwerkklas en kon eerstehands sien hoe ons leerders met entoesiasme, kreatiwiteit en harde werk besig is om nuwe vaardighede aan te leer. 🔨🪚

Dit is wonderlik om te sien hoe elke projek nie net iets mooi skep nie, maar ook selfvertroue, praktiese vaardighede en trots bou. 💙

Ons is ongelooflik trots op ons leerders en dankbaar vir die toegewyde personeel wat hulle met soveel passie begelei! 👏🌟

🌷 ’n Spesiale dankie aan ons 2 wonderlike sekretaresses! 🌷Vandag wil ons graag ’n groot DANKIE sê aan ons drie ongeloofl...
02/09/2026

🌷 ’n Spesiale dankie aan ons 2 wonderlike sekretaresses! 🌷

Vandag wil ons graag ’n groot DANKIE sê aan ons drie ongelooflike sekretaresses vir alles wat julle elke dag doen. ❤️

Julle harde werk, vriendelikheid, geduld en onbaatsugtige hulp word opreg waardeer. Julle is die hart wat soveel van die daaglikse dinge agter die skerms laat vlot verloop en altyd gereed staan om te help.

Ons is baie bevoorreg om julle as deel van ons span te hê. 🌸

Dankie vir elke oproep, elke boodskap, elke reëling, elke probleem wat julle help oplos en elke glimlag waarmee julle julle werk doen. 💐

Julle maak werklik ’n verskil en ons waardeer elkeen van julle! ❤️🌷

🌸🌼 Lente Piekniek in Klas 4D! 🌼🌸Klas 4D het heerlik saam gekuier en die lente gevier met ’n lekker piekniek! 🧺☀️🌷Baie da...
02/09/2026

🌸🌼 Lente Piekniek in Klas 4D! 🌼🌸

Klas 4D het heerlik saam gekuier en die lente gevier met ’n lekker piekniek! 🧺☀️🌷

Baie dankie vir al die moeite en vir ’n spesiale dag vol pret, lag en mooi herinneringe! 💛🌸

🌼

🌸🌼 Lentedag by Klas PS2! 🌼🌸Ons gaan loer vandag in by Klas PS2 om saam Lentedag te vier! 🌷☀️🌈Baie kleur, glimlagte en le...
01/09/2026

🌸🌼 Lentedag by Klas PS2! 🌼🌸

Ons gaan loer vandag in by Klas PS2 om saam Lentedag te vier! 🌷☀️🌈

Baie kleur, glimlagte en lente-vrolikheid! 💐💛

Welkom, Lente! 🌸

Address

46A Bloemendal Road, Reyton
Bloemfontein
9310

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27514366770

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lettie Fouché Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Lettie Fouché Skool:

Shortcuts

Share