Elandsbult Selfsorg Akkommodasie

Elandsbult Selfsorg Akkommodasie Oornag akkomodasie in 'n veilige plaas oomgewing ! R1500 per nag vir die eenheid waar 4 pesone slaap(2 kamers)of R800 vir 2 persone.

07/01/2023

Saterdag 7 Januarie. Hoe was jou 1ste week van die nuwe jaar sover? Ek wil hierdie jaar meer pro-aktief deelneem om ‘n betekenisvolle lewenstorie te help skep. Mag dit jou inspireer om dieselfde te doen.
Maandag het ek die Kersboom se versierings, liggies en ster afgehaal en gebere. En bewustelik die liggie binne-in my siel aangehou – en nie ook in ‘n donker kas gebere vir later uithaal nie.... Ek het al die tafeldoeke van die afgelope funksies gewas tot elke wyn- en kosvlek uit is…Mooi skoon en reg vir die volgende feeste.
Dinsdag het ek ‘n wilde olyfboom gaan koop. Om iets te plant is vir my simbool van my commintment om self te groei en te vernuwe tot ‘n wyser uil. Ek wil aan die einde van hierdie jaar kan terugkyk na nuwe vrug aan my lewensboom se takke.
Woensdag het ek al die onkruid in my tuin (self) uitgespit en die voor-op-die-wa malvabosse wat oorneem gesnoei met ‘n (stomp) snoeisker en die onhebbelike rankplant wat so paratiseer op ander plante, met mening uitgeruk. Hierdie proses het my laat d**k aan my vriendskapstuin. Soms moet jy snoei en vennootskappe wat stagneer het laat gaan…en spasie maak vir nuwe.
Donderdag het ek my met my tam snoeisker-skouers ingebook vir ‘n spa bederf – dis ‘n voucher wat ek al met my verjaarsdag in Aug van my kinders ontvang het. Soms is dit goed om te wag vir iets waarna jy uitsien. Dan waardeer jy dit meer. Dit was ‘n absoluut hemelse twee ure: vollyf massering, daarna kop en toe die hande… Net wat ek nodig gehad het, voor ek komende Maandag 9de weer my eerste afskopfunksie het en voor die rekenaar inskuif om te skryf.
Vrydag het ek my mistroostige sypaadjie bekyk. Ek het Okt verlede jaar by die Linden Gemeenskapsdag onderneem om my sypaadjie op te knap nadat dit ‘n paar jaar gelede deur bouers wat hulle boumateriaal maande daar laat le het, verniel is. Daar was ook intussen geniepsige hael- en reenstorms ….en vragmotors wat gereeld uitspan op my yl grassies en die afgeremde skoen verder skeefgetrap het.
‘n Onderhoud op TV wat Kabous einde verlede jaar met inwoners van ‘n paar dorpe gevoer het, het my die nodige skop onder my sitvlak gegee. Hierdie mense het almal self ingeklim met herstelwerk om hulle omgewing op te knap -al was dit nie hulle “verantwoordelikheid” nie, was dit hulle eer.
So, eerder as om bitterbek te kla oor skade wat ek nie aangrig het nie, het ek gister aksie geneem en ‘n paar groot “boulders” aangekoop sodat geen voertuig voortaan op my weivelde kan parkeer nie. En geen boumateriaal daar gestort kan word nie. Volgende week sal ek met die hulp van my tuinier nuwe gras aanplant, gebreekte teer verwyder en ‘n nuwe voetpaadjie uitle. En die diep sloot in die pad voor my motorhuis sal ook herstel word….
En hoe begroot mens hiervoor, sal party vra? Eenvoudig - ek het nie uitgeeet nie, nie luukses aangekoop nie en nie met vakansie gegaan nie. Wanneer my omgewing vervalle lyk, smeer dit aan my gemoed af. Wanneer dit goed onderhou word, lig dit my gemoed op. Kry ek nuwe respek vir myself.
Vandag het ek alle rommel in groot sakke versamel om Maandag asdromme toe te gaan. Ek het reeds Desember hope bruikbare goed (wat net spasie opneem) weggegee aan die wat dit kan benut. Dit het bygedra om die jaar lekker lig binne te gaan. En daarmee eers oor en uit op hierdie Saterdag 7 Januarie 2023. Mooi leef.

Beautiful in Bloem🌾
17/11/2022

Beautiful in Bloem🌾

Rustige Sondag middag 🐏pot!😋😋
20/03/2022

Rustige Sondag middag 🐏pot!😋😋

Lekker om sulke “reviews” te kry!Gaste oppad Stilbaai toe met die “re built”1960s F150 vir aflwering!Baie netjies!💪🏻👌🏼
14/12/2021

Lekker om sulke “reviews” te kry!

Gaste oppad Stilbaai toe met die “re built”1960s F150 vir aflwering!
Baie netjies!💪🏻👌🏼

28/04/2021
As jy in Egoli moet slaap, dis die plek!👍🏻👌
26/02/2021

As jy in Egoli moet slaap, dis die plek!👍🏻👌

Regte “ birdwatchers” oppad terug van die Kaap na hul tuis dorp Hluhluwe in Kzn.Enjoy your stay!
27/12/2020

Regte “ birdwatchers” oppad terug van die Kaap na hul tuis dorp Hluhluwe in Kzn.
Enjoy your stay!

Baie intresant!Hou gerus dop!
20/12/2020

Baie intresant!
Hou gerus dop!

🗓 20 Des/Dec 2020 ... Reëndekking 🌧 Rain Coverage

ECMWF-ankermodel: 3-Dag Reënsomtotaal

Oorsigtydperk: 02:00 Sondag 20 Des tot 02:00 Woesndag 23 Des

⚠️ Hierdie is NIE 'n presiese volume-aanwyser nie, want ons werk met uitsonderlike vlakke van wetenskaplik onsekere reën, wat nie hier ingesluit is nie, maar van dit sal wél realiseer. Dit beteken dat selfs die waardes wat aangegee word beduidend oortref mag word / elders oortref word.

⚠️ Fokus dus op die reënvoetspoor eerder as op reënvolumes: ons Gouelokkiespad vloei langs die middel van die boog.

► Reken ook in dat randspelers altyd sterker onsekerheid van realisasie dra, maar dat ons met beduidende breër waaier binne hierdie reënepisode werk.

Sal later as tyd dit toelaat 'n modelvergelyking optrek.

Moenie druppels tel voordat dit val nie en moenie dit afskryf voordat wolke verdwyn nie.

Geniet die reën en laat weet asseblief wanneer dit reën.

Always a pleasure!
05/12/2020

Always a pleasure!

Bloemfonteiners!
26/11/2020

Bloemfonteiners!

Daar is opgewondenheid in die lug ... die Franse Kersmark is terug... bring jou mense en kom geniet die dag saam met ons

Villa Avianto Kersmark Saterdag 28 November

26/09/2020

Address

Bloemfontein
31769FICHARDTPARK9317

Telephone

+27825701083

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elandsbult Selfsorg Akkommodasie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share