23/11/2025
ELOÏSE BEAUTY GROUP – AMPTELIKE AMBASSADEURSAANKONDIGING
Ons harte is vandag oorvol dankbaarheid, trots en opgewonde energie soos ons twee ongelooflike nuwe gesigte verwelkom in die Eloïse Beauty Group-familie én hulde bring aan die een wat al van dag één saam met ons stap.
’N WARM WELKOM AAN ONS NUWE AMBASSADEURS
Ons is ongelooflik trots om Natisha Lieka Van Zyl, die geliefde Bok Radio middag-aanbieder en Yolandie Gresse, die sprankelende stem van die Bok Radio ontbytprogram, amptelik as Eloïse Beauty Group Brand Ambassadeurs aan te kondig.
Beide Yolandie Viljoen en Natisha Lieka Van Zyl sal Eloïse Beauty Vault en Eloïse Professional Cosmetics verteenwoordig en watter voorreg om twee opregte, inspirerende en dinamiese vroue by ons groep te hê. Hulle ondersteun ons al sedert 2020 en vandag maak ons hierdie spesiale verbintenis amptelik.
AGT JAAR VAN LOJALITEIT, LIEFDE & LEGACY
Dan ’n spesiale eerbetoon aan iemand wat nie net ’n ambassadeur is nie, maar werklik familie geword het.
Vir 8 jaar behou ons trots ons hoof-ambassadeur, die ongelooflike
Le-Lue van der Sandt, wat die volledige Eloïse Beauty Group verteenwoordig:
• Eloïse International Academy & Artistry
• Eloïse Beauty Vault
• Eloïse Professional Cosmetics
Sedert 2018 stap Le-Lue hierdie pad saam met Eloïse Champion deur elke mylpaal, groei-pyn, hoogtepunt en droom. Sy het gesien hoe die handelsmerk ontwikkel, transformeer en bloei en sy was deel van elke nuwe hoofstuk. Haar lojaliteit, haar hart en haar geloof in ons visie beteken meer as woorde ooit kan sê.
’n Nuwe jaar. ’n Nuwe seisoen. ’n Nuwe hoofstuk saam met drie ongelooflike vroue.
Welkom Natisha en Yolandie… en dankie, geliefde Le-Lue, vir ’n reis wat al byna ’n dekade duur.
Eloïse Beauty Group waar elke vrou se stem, styl en storie saak maak.
Photo Credit: Luna & Grace Photography