06/12/2013
Mr. Nelson Mandela het ongeag sy moeilike omstandighede 'n keuse gemaak oor hoe hy wil reageer teenoor die mense wat hom te nagekom het. Mandela se keuses herinner aan 'n man met die naam van Viktor Frankl.
Viktor Frankl, 'n hoogs gerespekteerde Oostenrykse psigiater, het alles verloor aan die hand van die N***s. Hulle het sy huis, loopbaan en vryheid gevat. Sy hele familie behalwe sy suster, is in die gasoonde vermoor. Hyself is in Auschwitz geslaan, uitgehonger, wreed ontmenslik - hy moes o.a. vir oorlewing die as van sy verbrande vriende uit die gaskamers wegwerk met 'n graaf. Totaal verneder, siek en sonder hoop het hy 'n ongelooflike deurbraak gemaak toe hy sien hoe sommige verhongerde gevangenes hul brood vir ander aanbied. Hy het begin verstaan dat "everything can be taken from a man but one thing : the last of human freedoms - to choose one's attitude in any given set of circumstances, to choose one's own way". Frankl het 'n sielkundig en geestelik tot 'n REUS in die strafkamp ontwikkel: hy het begin besluite neem - hy het gekies om sy gedagtes te vul met herinneringe aan sy geliefdes, hy het gekies om sy mediese kennis aan te bied aan ander, hy het self begin besluit waarin hy wil d**k, watter woorde hy wil gebruik, hoe hy dit wil uitspreek, watter tipe hulp hy wou aanbied, hoe hy wil reageer op vernedering, hoe hy wil loop en hoe hy sy kop wil hoog hou. Frankl het homself as 'n vry man begin sien (Direk uit John Ortberg se When The Game Is Over It All Goes Back In The Box).
Ons het 'n keuse op skool watter beroep ons eendag wil be-oefen, watter vakke ons wil neem, hoe goed ons wil presteer, hoeveel tyd ons aan vriende wil spandeer. As ons reeds werk, of ons wil bly of verander, watter deel van die dag ons aan werk wil bestee, in watter mate moeilike mense ons geluk gaan steel, of ons ons daaglikse taak gaan gebruik om ons goddelike roeping in uit te lewe.
AANDAG!! Die 9de tot 14de Desember is jou laaste kans om, vir jou of jou kind, by Louw Loopbane 'n afspraak te maak voor die gelde aangepas word vir 2014. Kantore sluit die 14'e Desember.
Vir meer besonderhede sien: www.louwloopbane.com