28/05/2026
GESOND EN GEREED VIR DIE WINTER
Die winterseisoen kan sy tol eis en daarom is die Woeries uiters dankbaar vir die Centurion Pharmacy Group wat vandag personeel met vitamien- en griepinspuitings toegedien het.
Die aptekers, Corne Nortje (links) en Renier van Zyl (regs), se onbaatsugtige diens aan die gemeenskap word hoog op prys gestel.
Besoek gerus een van die Centurion Pharmacy Group se apteke in Hennopspark, Rooihuiskraal en Kosmosdal voordat die griep hoogty vier.