03/09/2026
https://www.facebook.com/share/19TWm9aDHg/
URIENSUUR: KLEIN MOLEKULE, GROOT WAARSKUWING
’n Reeks oor hoe uriensuur die liggaamstelsels beïnvloed.
DEEL 5: URIENSUUR & URINÊRE STELSEL
Ons kyk nou al vir 4 weke na die effekte van uriensuur op die liggaam.
Sover weet ons die volgende, chroniese hoë uriensuur kan:
- Die boodskappe blokkeer wat jou bloedvate laat ontspan, wat bydra tot HOË BLOEDDRUK
- Die lewerselle se funksie om vette te hanteer affekteer, wat bydra tot LEWERVERVETTING & CHOLESTEROL-WANBALANSE.
- Bydra tot INSULIENWEERSTANDIGHEID, selfs voor bloedsuiker meetbaar verhoog.
- Die derm-mikrobioom versteur wat WANVERTERING EN -ABSORPSIE tot gevolg het.
Vandag draai ek my fokus (uiteindelik) na die niere en urinêre sisteem.
Meeste mense sal redelik maklik kan aflei dat uriensuur ‘n rol het in die urinêre stelsel.
Dis mos logies: Uriensuur → Uriene → Urinêre stelsel.
Met die urinêre stelsel, bedoel ek: Die niere, nierpype, blaas en uretra.
Die niere se werk klink dalk eenvoudig: sien die afvalstof, filtreer dit uit, totsiens.
Maar wat van die ander stowwe in die bloed wat die liggaam nodig het? Goed soos:
• Minerale
• Elektroliete
• Hormone
• Water
• Voedingstowwe
Alles kan tog nie onoordeelkundig saam met die afval uitfiltreer word nie!
Die niere reguleer dus wat behou word en wat uitgeskei word.
Dit wat die liggaam nodig het, word herabsorbeer in die bloed in, terwyl metaboliese afval, soos uriensuur, en oortollige stowwe uitgeskei word.
Net soos in enige van die ander sisteme, kan die oksidatiewe stres veroorsaak deur uriensuur die niere negatief beinvloed. Eintlik is die niere besonder kwesbaar, aangesien hulle voortdurend groot hoeveelhede bloed moet verwerk.
Daar is ‘n fyn balans wat gehandhaaf moet word tussen filtrasie, herabsorpsie en uitskeiding.
Nierfunksie hang ook baie af van effektiewe BLOED-TOEVOER. Die stowwe kan slegs uitfiltreer, as die bloed effektief deur die niere vloei.
In deel 1: “Uriensuur & Jou Bloedvate” het ek opgemerk dat uriensuur kan keer dat die “ontspan” seine aan bloedvate effektief oorgedra word. In so geval, kan bloedtoevoer belemmer word, aangesien die fyn bloedvate vernou bly.
En dit is veral belangrik binne die niere.
Die niere bestaan uit hordes klein funksionele eenhede, nl. Nefrone, wat elk beskik oor sy eie fyn network bloedvate. Wanneer bloedvate nie effektief verwyd nie, kan dit die mikrosirkulasie binne die nier belemmer.
Onthou, die niere is nie net filtreerders nie, maar ook reguleerders. Voortdurende oksidatiewe stres en inflammasie op die niere se selle en bloedvate, kan hierdie fyn regulasieproses mettertyd affekteer.
Wanneer hierdie regulasie-meganismes begin faal, is dit dus nie net ‘n probleem van “minder afval word uitgeskei” nie, maar dit kan liggaam se interne balans versteur.
Dit kan bywoorbeeld lei tot:
- Vloeistofretensie: As oortollige elektroliete en water nie effektieif verwyder word nie.
- Versteurde elektrolietbalans: Wat onder bloeddruk en hartfunksie affekteer
- Liggaam word “suur” – Minder bikarbonaat word herabsorbeer, minder suur uitgeskei
- Verhoogde bloeddruk: Soos die elektrolietbalans verander, en die mikrobloedvate saamtrek.
Wanneer die niere se vermoë om uriensuur te verwerk en uit te skei afneem, bly meer uriensuur in die bloed agter.
Dit skep SELFVERSTERKENDE siklus: hoe meer nierfunksie afneem, hoe moeiliker word dit om uriensuur uit te skei — en hoe meer uriensuur kan weer bydra tot die metaboliese en oksidatiewe stres waaronder die niere funksioneer.
Kom ontdek watter metaboliese wanbalanse dalk reeds jou liggaam-sisteme begin affekteer, voordat dit te ver vorder.
Uriensuur is ‘n enkele merker, wat as ‘n waarskuwingsein lui.
Maak vandag ‘n afspraak vir Bloed Analise, dan stel ons vir jou ‘n plan van aksie op om te effekte te bekamp.
Book Vandag nog
Online: https://pierre-ecohealth.co.za/services/
Tel: 012 880 4685