Moeggesukkel

Directions Website

Moeggesukkel We believe in HOPE - Helping Other People Excel so that they may have victory over life's circumstances. We all know what it means to be tired of struggling.
(344)

Moeggesukkel
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

16/10/2026

Ten spyte van Oom Freddie se uitdagings, bly hy positief en vol moed. ❤️

Meer as drie jaar gelede het ons vir Oom Freddie en sy beste vriend op straat gekry, waar hulle daagliks blikkies versamel en verkoop het om te oorleef.

Oom Freddie het later Moeggesukkel se drywer geword. Hy het oor die jare ontelbare ritte hospitale, klinieke en skole toe gedoen. Altyd bereid om te help waar hy kon.

Ongelukkig het Oom Freddie ernstige probleme met die bloedsirkulasie in sy bene ontwikkel. Nadat ons lank probeer het om hulp by staatshospitale te kry, moes ons uiteindelik privaat mediese hulp inskakel.

Die hartseer werklikheid was dat sy regterbeen geamputeer moes word.

Maar weet julle wat is besonders?

Ten spyte van alles wat hy deurgemaak het, bly Oom Freddie positief. Hy kyk nie net na wat hy verloor het nie, maar ook na dit wat hy steeds het.

Oom Freddie is lankal nie meer net 'n inwoner van Moeggesukkel nie. Hy is familie. ❤️

En soos familie doen, stap ons hierdie nuwe pad saam met hom.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!!

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

🌻 WAAR DAAR ’N WIL IS, IS DAAR ’N WEG! 🌻Johantjie is besig om tuin te maak! ❤️Hy het besluit hy wil sonneblomme plant, m...
14/10/2026

🌻 WAAR DAAR ’N WIL IS, IS DAAR ’N WEG! 🌻

Johantjie is besig om tuin te maak! ❤️

Hy het besluit hy wil sonneblomme plant, maar eers moet die tuin mooi skoongemaak word.

En as Johantjie eers iets in sy kop het, dan doen hy dit!

Hy lê sommer plat op sy maag en trek die bossies een vir een uit. 💪

Dis vir my ongelooflik mooi om te sien hoe iemand, ten spyte van sy uitdagings, steeds planne maak om sy drome waar te maak.

🌻 Binnekort gaan Johantjie die mooiste sonneblomme kweek!

By Moeggesukkel word drome waar. Soms is dit groot drome en soms is dit net die eenvoudige droom om jou eie sonneblomme te plant.

Want elke droom, maak nie saak hoe klein nie, is die moeite werd om voor te werk. ❤️

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! 🙏❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

MOEGGESUKKEL beteken eintlik KLAARGESUKKEL! ❤️Van tyd tot tyd hoor ons mense sê dat die naam Moeggesukkel negatief klink...
12/10/2026

MOEGGESUKKEL beteken eintlik KLAARGESUKKEL! ❤️

Van tyd tot tyd hoor ons mense sê dat die naam Moeggesukkel negatief klink.

Maar daar is 'n baie mooi betekenis agter ons naam en logo.

As jy mooi kyk, sal jy sien dat daar aan die einde van ons logo 'n mannetjie is wat 'n vlaggie plant. 🚩

Daardie mannetjie vertel eintlik die hele storie!

Dit simboliseer iemand wat op 'n punt in sy lewe gekom het waar hy besluit: Ek is nou KLAARGESUKKEL!

Ek plant my vlaggie, draai om en kies 'n nuwe rigting vir my lewe.

En dis waar die mooiste deel van Moeggesukkel begin...

Ons kry die voorreg om saam met daardie persoon 'n nuwe pad te stap. 'n Pad van tweede kanse, liefde en nuwe HOOP!

Want Moeggesukkel gaan nie oor waar jy vandaan kom nie, maar oor waarheen jy op pad is!

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

11/10/2026

Hierdie man het al die pad van Cradock af tot by Moeggesukkel gekom. ❤️

En wag tot julle hoor waarmee hy hier aangekom het...

'n 1988 Nissan Skyline wat hy met sy laaste geld vir R4 000 gekoop het! Kan julle dit glo? 😁

Maar agter hierdie ou kar en die man wat hom bestuur, lê daar 'n storie wat my regtig gefassineer en diep geraak het.

Hy het onlangs sy meisie aan die dood afgestaan en is eintlik maar net 'n man wat stukkend is en probeer om weer sy voete te vind.

Ek het sommer dadelik van hom gehou.

En toe ek na hom luister, besef ek weer iets...

Elke mens wat by ons hek aankom, het 'n storie. En agter elke storie is daar 'n mens wat net weer 'n kans nodig het.

Wat anders kon ons doen?

YIP... HY IS BY DIE HEK IN! ❤️

Ek het hom sommer op die plek 'n nuwe naam gegee...

OU "SKYLINE"! 😂

Welkom by Moeggesukkel, ou Skyline!

Mag hierdie die begin wees van 'n nuwe hoofstuk in jou lewe. Een waar jy weer liefde, omgee en HOOP sal ervaar.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Hierdie man het al die pad van Cradock af tot by Moeggesukkel gekom. ❤️En wag tot julle hoor waarmee hy hier aangekom he...
11/10/2026

Hierdie man het al die pad van Cradock af tot by Moeggesukkel gekom. ❤️

En wag tot julle hoor waarmee hy hier aangekom het...

'n 1988 Nissan Skyline wat hy met sy laaste geld vir R4 000 gekoop het! Kan julle dit glo? 😁

Maar agter hierdie ou kar en die man wat hom bestuur, lê daar 'n storie wat my regtig gefassineer en diep geraak het.

Hy het onlangs sy meisie aan die dood afgestaan en is eintlik maar net 'n man wat stukkend is en probeer om weer sy voete te vind.

Ek het sommer dadelik van hom gehou.

En toe ek na hom luister, besef ek weer iets...

Elke mens wat by ons hek aankom, het 'n storie. En agter elke storie is daar 'n mens wat net weer 'n kans nodig het.

Wat anders kon ons doen?

YIP... HY IS BY DIE HEK IN! ❤️

Ek het hom sommer op die plek 'n nuwe naam gegee...

OU "SKYLINE"! 😂

Welkom by Moeggesukkel, ou Skyline!

Mag hierdie die begin wees van 'n nuwe hoofstuk in jou lewe. Een waar jy weer liefde, omgee en HOOP sal ervaar.

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

MENSE STROOM NA MOEGGESUKKEL TOE... ❤️Die laaste paar dae was daar letterlik elke dag nuwe mense by ons hek wat vra vir ...
10/10/2026

MENSE STROOM NA MOEGGESUKKEL TOE... ❤️

Die laaste paar dae was daar letterlik elke dag nuwe mense by ons hek wat vra vir hulp en 'n plekkie om te bly.

Dit raak net meer en meer.

Mense hoor van Moeggesukkel. Hulle sien die liefde, die omgee en die tweede kanse wat mense hier kry. Hulle sien hoe lewens verander en hoe mense weer HOOP kry.

En natuurlik wil hulle ook deel daarvan wees.

Maar die werklikheid is dat ons reeds 160 mense huisves, waarvan 24 kinders is. Ons is vol, en die behoefte daar buite raak net groter.

Elke persoon wat by ons hek aankom, het 'n storie. 'n Verlede. 'n Rede hoekom hulle hulp nodig het.

En glo my, dis nie maklik om iemand weg te wys wanneer jy weet hoe dit voel om self op 'n plek in jou lewe te wees waar jy nie meer weet waarheen om te gaan nie.

Maar weet net een ding...

Ons gaan nie ophou probeer nie!

Ons werk HARDER, ons dink GROTER en ons maak MEER PLANNE!

Want iewers daar buite is daar nog iemand wat net een geleentheid nodig het om sy of haar lewe om te draai.

Ons kan nie almal op een slag help nie, maar ons kan aanhou om meer geleenthede te skep sodat ons by meer mense kan uitkom.

Solank daar mense is wat HOOP nodig het, sal ons aanhou om planne te maak!

Dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️🙏

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Dankie vir elke gebed en elke boodskap van ondersteuning! ❤️🙏Ons is baie dankbaar om te kan deel dat alles goed afgeloop...
10/10/2026

Dankie vir elke gebed en elke boodskap van ondersteuning! ❤️🙏

Ons is baie dankbaar om te kan deel dat alles goed afgeloop het met Oom Freddie se operasie.

Die afgelope paar maande was regtig 'n groot stryd. Ons het alles in ons vermoë gedoen om sy been te probeer red, maar ongelukkig was dit nie moontlik nie.

Oom Freddie het vrede gemaak met wat gebeur het. Hy is net ongelooflik dankbaar dat die verskriklike pyn waarmee hy so lank moes saamleef, uiteindelik verby is.

Daar lê nou 'n nuwe hoofstuk voor. Ons sal saam met Oom Freddie aanpas by sy nuwe normaal, maar een ding is seker: Hy het nie sy moed verloor nie!

Hy is rustig, vol vrede en gereed om die pad vorentoe aan te pak.

Soms kan ons nie verander wat met ons gebeur nie, maar ons kan steeds HOOP vind in dit wat voorlê. ❤️

Dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het. Julle gebede, liefde en ondersteuning beteken vir ons en Oom Freddie ongelooflik baie.

En soos altyd, dankie aan almal wat saam met ons hierdie GROTER verskil maak!!! ❤️

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

🙏❤️ ONS VRA VANDAG DAT JULLE ASSEBLIEF SAAM MET ONS VIR OOM FREDDIE SAL BID. ❤️🙏Baie van julle sal hierdie video onthou ...
10/10/2026

🙏❤️ ONS VRA VANDAG DAT JULLE ASSEBLIEF SAAM MET ONS VIR OOM FREDDIE SAL BID. ❤️🙏

Baie van julle sal hierdie video onthou van toe ons in 2023 vir Oom Freddie en sy maat, Oom Cliffie, ontmoet het.

Destyds het hulle op straat gewoon en elke dag blikkies versamel net om te kon oorleef.

Sedert 2023 is Moeggesukkel hulle huis en het hulle deel van ons groot familie geword. ❤️

Oom Freddie het intussen een van ons staatmakers geword.

Hy is ons drywer. Die man wat elke dag sy alles gee om ander te help. Of dit nou is om mense by hospitale en klinieke te kry, kinders by die skole af te laai of sommer net te ry wanneer iemand hulp nodig het.

Oom Freddie was altyd daar. Altyd gewillig. Altyd gereed om iemand anders te help.

Maar die afgelope ses maande het Oom Freddie self 'n baie moeilike pad begin stap.

Hy het ernstige probleme met die bloedvloei na sy bene ontwikkel.

Ons het al die nodige roetes deur die staatshospitale gevolg. Vir weke het hy in die hospitaal gelê en gewag vir behandeling en operasies.

Intussen het die pyn net te veel geword.

Ons kon eenvoudig nie langer sien hoe iemand wat altyd so baie vir ander gedoen het, só moet swaarkry nie.

Ons het toe die besluit geneem om vir Oom Freddie privaat mediese hulp te kry.

Ongelukkig het die dokters bevestig wat ons gevrees het.

Oom Freddie se regterbeen sal net bokant sy knie geamputeer moet word om te voorkom dat sy toestand nog ernstiger raak. 💔

Dink net vir 'n oomblik daaraan.

'n Man wat elke dag op sy voete was. Wat altyd rondgehardloop het om ander te help. Wat altyd gereed was om iemand iewers heen te neem.

En nou moet hy vrede maak met die gedagte dat hy een van sy bene gaan verloor.

Dis nie maklik nie. Nie fisies nie, maar veral ook nie emosioneel nie.

Gelukkig kan ons die operasie privaat laat doen, en dit gee vir ons almal reeds baie gemoedsrus oor die behandeling wat hy gaan ontvang.

Vandag vra ons nie vir iets anders as julle gebede nie. 🙏

Bid asseblief saam met ons vir Oom Freddie. Vir die dokters wat die operasie gaan doen. Vir sy herstel, maar ook vir die krag en vrede wat hy nodig gaan hê om hierdie nuwe hoofstuk van sy lewe aan te pak.

Oom Freddie het vir jare gehelp om ander mense op hulle voete te kry.

Nou is dit ons beurt om hom te help om weer op sy voete te kom. ❤️

Ons glo dat hierdie nie die einde van Oom Freddie se storie is nie. Dis net die begin van 'n nuwe hoofstuk.

Baie dankie aan elkeen wat saam met ons bid, omgee en help om hierdie GROTER verskil in mense se lewens te maak!!! ❤️🙏

Moeggesukkel
Reconciliation Centre
FNB: 6233 914 3753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Daar is HOOP
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username:
[email protected]

Address

Cnr Springbok & Du Toit Road, Timsrand AH
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moeggesukkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share