Liam Verhoef

Liam Verhoef Hierdie is ons storie. “This is us” “You’ve got this”

27/05/2026

Hierdie is wat jou Slipper dag sticker voor gaan. The Reach For A Dream Foundation maak so baie kinders se mooiste drome waar. 29 Mei!!! Asb ondersteun hulle. Beskikbaar by Wimpy, Dis-chem, Baby City, Crazy Store, ToysRus Krispy Kreme

Happy Mother’s Day🩷Die verskil wat een jaar kan maak. Dankie Here
10/05/2026

Happy Mother’s Day🩷

Die verskil wat een jaar kan maak.

Dankie Here

Big SHOUT out to Alpha by Unitas hospitaal!!!!Vir amper twee jaar het hy die pad gestap saam ons by die hospitaal. Sy po...
24/04/2026

Big SHOUT out to Alpha by Unitas hospitaal!!!!
Vir amper twee jaar het hy die pad gestap saam ons by die hospitaal. Sy positiewe persoonlikheid het donker dae opgehelder. En vanaand toe hy ons karre by die hospitaal sien het hy Liam kom soek om te kyk of alles okay is. Natuurlik was Liam super bly om hom te sien soos elke ander keer. Ons het Alpha gedoop as MJ want hy dra altyd wit kouse by sy uniform 😉
Maandelike hospitaal besoeke raak soos n reunie van mense wat ons gesien het in ons donkerste tye. Dit kan nie vir altyd winter wees nie. Die son is besig om weer te skyn
🎗️🎗️🎗️

UpdateEen suksevolle bou van ‘n oordrom ✅Gebid vir bloedvloei sodat die “graft” kan vat ✅Liam was vanaand weer vir sy oo...
23/04/2026

Update
Een suksevolle bou van ‘n oordrom ✅
Gebid vir bloedvloei sodat die “graft” kan vat ✅
Liam was vanaand weer vir sy oor check up. Dokter het bevestig dat die oordrom mooi geheg het. En hy is gelukkig met alles.
Hierdie foto wys die nuwe oordrom en die bloedvate wat daar nie was agv infeksie en chemo nie. Ons kan nie beskryf hoe verlig ons was om te hoor dat die operasie ‘n sukses was nie. Alle eer aan die Here🙏🏻

Selfde plekSelfde seunFoto n jaar uitmekaar geneem. Vandag sien ek uithouvermoëEk sien lewe met challenges Ek sien vrien...
18/04/2026

Selfde plek
Selfde seun

Foto n jaar uitmekaar geneem.

Vandag sien ek uithouvermoë
Ek sien lewe met challenges
Ek sien vriendelikheid,
Ek sien iemand wat opgewonde is vir die toekoms.

En so wat ons kan sê is dankie Here

09/04/2026

Update
Liam was vanaand vir sy 21 dae check up. Dokter is baie tevrede. Die gedeelte wat nie bloedvloei gehad het nie toon nou bloedvloei!!!! Dankie Here ons het daarvoor gebid🙏🏻🙏🏻
Al die tekens is daar dat die graft suksesvol was. Die herstel proses vat net lank so ons moet geduldig wees.
Hy moet oor twee weke weer vir n check up gaan en dan sal ons weer ‘n update kry van hoe vêr hierdie wonderwerk reeds is.
Dankie vir almal se gebede en omgee.
🙏🏻🙏🏻🙏🏻

Dis die klein goed in die lewe wat ‘n verskil maak. Dankie Nancy dat jy hierdie vir Liam gereel het. Dit beteken regtig ...
06/04/2026

Dis die klein goed in die lewe wat ‘n verskil maak.
Dankie Nancy dat jy hierdie vir Liam gereel het. Dit beteken regtig baie vir ons.
🍫 🍫 🍫
❤️🤍💙

Mag ons nooit vergeet hoe lief Hy ons gehad het nie. Maak nie saak hoeveel keer ons dankie sê nie, dit sal nooit genoeg ...
05/04/2026

Mag ons nooit vergeet hoe lief Hy ons gehad het nie.

Maak nie saak hoeveel keer ons dankie sê nie, dit sal nooit genoeg wees nie 🙏🏻🙏🏻

Geseënde Paasfees.

Address

Centurion

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liam Verhoef posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share