14/09/2026
❤️ ’N GROOT DANKIE VAN ONS HUIS 🍷
Ons wil net uit die diepte van ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon en besigheid wat ons wynveiling op Donderdag 10 September ondersteun het.
Ons weet almal dat die ekonomiese tye nie maklik is nie, en daarom beteken julle ondersteuning vir ons nóg meer. Dit wys net weer watter ongelooflike hart ons gemeenskap het en hoeveel julle vir Ons Huis en ons inwoners omgee.
Aan almal wat die aand saam met ons was, wyn en ander items geskenk het, ons waardeer elkeen van julle!
’n Baie spesiale dankie aan Kobus en Sanet van Die Vlei vir al die moeite en voorbereidings om die aand so lekker en spesiaal te maak.
Stephan van der Westhuizen, baie dankie dat jy weer eens as ons afslaer die aand so lekker aan die gang gehou het. Jy was, soos altyd, fantasties!
En dan ook ’n groot dankie aan Braam Marais van Oudam / Kleinbegin vir die interessante en inspirerende storie oor hoe Kleinbegin ontstaan het.
Aan elkeen wat deel was van die aand — dankie dat julle Ons Huis en ons inwoners ondersteun. Julle maak ’n groter verskil as wat julle dalk besef.
Ons is regtig bevoorreg om deel te wees van so ’n wonderlike gemeenskap.