INKcredible Tattoos

INKcredible Tattoos Professional Tattoos

Use my code to get R50 off your next five Uber trips!Code: m7b7vfywa97m
28/07/2024

Use my code to get R50 off your next five Uber trips!

Code: m7b7vfywa97m

10/06/2022

Get more out of your OTT Voucher! Enter the used PIN after taking your cash online to win one of 15 R100 OTT Vouchers every single week! Winners are announced every Friday on social media. Ts & Cs apply.

15/05/2021
12/10/2020

verlede week was heel week ontploffing week in 7de Laan. Ek praat nie eers kak nie. Dit was letterlik heel week chaos oor ‘n kleinerige ontploffing wat een lewe geeis het en nog een sonder hoeer breinfunksie gelaat het. Ek seg kleinerige want daar het letterlik geen nooddienste opgedaag nie. Nie eers ‘n ou metro police karretjie nie. Tot die buurtwag en die SPCA was tebesig want selfs die SPCA kom nou en dan uit vir klappers. Dit was mak die wereld se vreemdste ontploffing. Die bom was glo in Mariaan se woonstel en het die gebou so geruk dat Lana van die dak af geval het, maar die tafels en stoele voor Oppiekoffie het heeltemal staande gebly. Dit was meer wonderwerke as beserings want daar waar Lana geval het, het sy bly hang vir amper vyf dae.

Ek weet die vervaardigers het ons elke aand herinner dat dit steeds die aand van die ontploffing was, maar om elke aand na werk, ses-uur jou TV op SABC 2 tesit en tesien hoe Lana steeds daar hang was eenvoudig teveel gevra. Kopano se sterfte was diep hartseer, maar nie almal het so gevoel nie. Nie oor hulle gevoelloos was of nie om gegee het nie, maar eerder omdat hulle moeg was van heel week se ontploffing. En dis verstaanbaar, want mens is net mens, maar watse mens kry eers na dag drie van so hang, net skielik die energie om weer tebegin klim tot veiligheid? Dit was ‘n Bybelse soort verwarring uit die boonste gestoeltes. Daar het stukkie concrete op Kopano geval wat hom tot sy einde gebring het, maar Esti wie saam hom onder die stukkie verdieping gele het, het net vreemde breinskade opgedoen. Een oomblik was sy heel gillend en springend en betraan die arkade vol, en die volgende oomblik sit sy net en hou die vloer dop in die kliniek. Jong Esti kan asem haal en sien en huil en alles. Staar voor haar uit soos Moses oor die rooi see destyds, maar niks meer as dit nie. Dr Fikani vertel so by the way vir Thomas sy ma is soos ‘n computer sonder ‘n CPU en Thomas huil bitter hartseer, maar Fikani was duidelik nie meer lus nie.

Ander wonderwerke was Tjattas wie naaste die ontploffing was en slegs bietjie doof is. Ons verwag dat hy volkome sal herstel. Intussen praat hy net vreeslik hard en koop sms bundles. Romeo is traumatised soos sy pa, so geen verrassing daardie kant nie, maar Ivy stel voor hulle bid hierdie situasie ook beter. Ek sal maar wag en sien wat gebeur volgende want Esti moet glo inrigting toe in Polokwane want dis al plek in Johannesburg waar hulle Frail Care doen. Ek vermoed dis daai selfde plek waar Amanda destyds was na die valskerm voorval. Hoop net die vloer is skoon want Esti gaan oplet.

Jullle weet ek complain nie sommer nie, maar verlede week was effe belaglik. Kom ons kyk maar hierdie week en sien wat gebeur volgende en d**k asb aan Thomas gedurende hierdie moeilike tyd. Sy ma is immers ‘n rekenaar sonder ‘n CPU.

Lekker week, liefde groete en druk gerus die SHARE knoppie

Robbie

11/08/2020

Besef julle moffies het hul eie taal? Ons noem dit Gayle en meeste van die woorde bestaan uit vroue name. ‘n voorbeeld is iets soos Hester, en Hester beteken luister. Dan is daar Mercia, en Mercia beteken morsig. Dis nou alles goed en wel tot julle hoor wat die woord vir tollie is. Tollie of P***s se naam is Lana en elke keer as Shaun vir sy familie skree hoe lief hy is vir Lana dan kan ek myself mos nat p*s van die lag. Dis nie reg nie. Hulle kon enige naam kies, maar hulle noem die stomme vrou Lana?

Anyway, Shaun is nou glo diep in die kas en ons almal weet nou hoekom Shaun amper versuip het en hoekom Nicci so kwaad was aan die begin. Dis toe nou glo oor Shaun ‘n ander man se Lana gegryp het in die nag, maar dis mos seker maar Shaun en die ander man se besigheid. Dewet is totaal en al gekant teen die idee van Shaun en ‘n ander man se Lana, maar met die stomme Lana in die penthouse het hy nie problems nie. Dewet is ongelukkig ‘n vreeslike homophobe, maar homophobe is gewoonlik net moffies in disguise so wie weet. Hy hou dalk van Erika se sterk skouers meer as van haar padda. Die lewe is soms wreed en verwarrend, maar nie so wreed soos Lana se eenvoud nie. Hoe weet jy nie jou man hou van mans nie? Mens moet besonders dom wees om so iets mis tekyk. As daar los dames rond loop met kort broekies of knap skirtjies wees eerder verlig as jou man kyk. Hy’t mos nie gekoop nie. Hy’t net gekyk. As dit egter gebeur dat hy nie kyk nie sou ek daarop aandring dat jy sy mans vriende onder ‘n mikroskoop plaas. Kyk vir wie Whatsapp hy die meeste en volg die mense op Facebook. Stel belang en probeer oral saamgaan. Jy d**k dalk hulle speel Xbox, maar kaantie speel hulle met mekaar se Xbokse en vroetel aan mekaar se Playstations. Vertrou niemand.

Op ‘n ligter noot, wat makeer Connie? Sy’s behep met balonne en maskers en makebelieve. As dit nie pads op die gesig is nie, dan lyk sy soos Phantom of The Opera of vel balonne in haar nek of opblaas maag goeters. Die vrou is een moerse verwarring op twee bene. Iemand kon haar lankal om stamp of in ‘n rivier gooi of bietjie Rattex ingee. Hoekom sukkel ons nog met haar? Atleast weet Andre nou van haar maag, so dis gelukkig naby ‘n einde.

As Marvin en Ivy nog een keer dreig jazz loop ek by Tygerberg Hospitaal in sonder ‘n masker. Ivy lyk of sy min gedans het en meer gedrink het by die snackdances. Marvin lyk ook effe raak gedrink en nou probeer almal die waarheid verduister agter stories van PTSD. Ek raak mos nervous as die mense se stories nie ooreenstem met hulle voorkoms nie. Ivy lyk soos daai Whiskey en water anties en Marvin praat stadig soos ‘n Olof Berg oom. Mens kan sterk drank ‘n myl ver sien aankom. Marvin is tog so innig dankbaar aan Vince dat hulle toegelaat word om hul kinders tesien. Hy’t seker vergeet dis sy eie kinders. Dis hoekom ek d**k hulle drink in die stilte.

Nicci en Thomas se dans. Ek wil nou nie lelik wees nie maar hoekom geniet ‘n groot vrou so dans met ‘n kind? Hoekom is Thomas se ma se behep met alles wat haar kind aanvang? Los die klong. Hy verdien om ‘n tiener tewees maar Esti soek heeltyd game.

Maar wag, ek praat alweer te alles. Onthou net, Shaun is baie lief vir Lana. Ons gesels weer volgende week.

21/07/2020

Lesedi is deesdae so spuls, sy sal die wind ook opklim sodra dit gaan le. Julle d**k dalk dis ‘n grap, maar ek was ook destyds ‘n mannedief. En het manne se manne en vroue se manne gesteel en ek kan dus getuig dat hulle jou nooit vergewe nie. Lesedi se paadjie sal nog donkerder loop want na jy man steel is jy verewig die duiwel. Hulle gaan haar vervloek en haar hare sal aanhou afbreek want ons almal weet jou hare breek net af as jy jou kop toetrek met ‘n getroude man se kombers. Dis binne in die Bybel. Julle kan self loop kyk.

Verlede week was ‘n tyd in ons laan. Ons moes Ketiwe ondersteun al het sy absoluut niks makeer nie. Sy wou net, nes enige ander waitres by Oppiekoffie ‘n beter werk en ‘n beter lewe he, maar sy het ‘n diep onnodig en emotionele draai geloop om dit vir ons tevertel. Sy kon net haar CV optrek en refresh soos die res van ons en dit by verskillende plekke afgooi, maar nie Ketiwe nie. Sy’t gelyk of sy ‘n hoe brug sal benader en dit vinnig dog effektief van die kant sal verlaat. Verskriklik dramaties. Toe vertel sy vir Connie wie die vroueslaner se kind verwag ‘n lang storie oor hoe sy voel en klomp dinge oor haar toekoms planne net sodat sy kan bedank. Ek het vir my laaste baas ‘n hele A4 page gegee met twee sinne op.

“Dankie vir die lekker tyd, maar ek bedank. Jy is die probleem.”

Dis regtig bitter maklik. Ketiwe het ons die hele twee weke vir ‘n g*t gevat. Nou trek sy lelike lang rokke aan en loop pen regop soos iemand se bekeerde Antie Maureen oor sy by ‘n hospitaal die phone gaan antwoord. Kalmeer dingetjie. Dis nie so moerse move nie.

Jy gaan elke oggend ‘n Excel spredsheet kry met name op. Deur die loop van die dag Sal die foon lui en jy sal antwoord:

“Hillside Kliniek, ‘n plek waar enige kak moontlik is, Goeiemore”

Jy sal navrae ontvang oor daardie name en jy gaan op seer mense se nerves werk deur tese hulle moet wag. Jy gaan niemand se favourite wees nie. Hou nou net op perform. Jy kan bly wees die skrywers maak of Covid nie bestaan nie, want dan sou jy anders voel oor jou groot promotion en mense help. Dit kan ek jou belowe.

Op ‘n ligter noot is Fikani nou op van draad trek. Hy soek nou Alexa se padda, maar daai vrou se padda hop in Belgiee rond. Daai vrou gee haar lyf ‘n tyd en jy d**k niemand gee om vir jou nie. Lesedi gee om vir jou. Sy sal jou saak vir jou werk en wys waar om Dawid se wortel te begrawe. Gee net kans hierdie kind. Hou net moed. Verlossing kom.

Hierdie nuwe grand mense in Madel se huis bring net die verkoopwaarde af. Wow hulle is besonders boring. Shaun d**k hy blus vuur, maar hy lyk soos enige gewone council werker in sy orange overalls. Wat is so sexy omtrent dit? As hy so glimlag lyk hy op ‘n streep nes Mannemarak van destyds en sy vrou Lana kom voor soos Het van Verlangekraal. As sy so voor haar uitstaar lyk dit of almal daai dag by die huis gebly het. In my kop lyk ryk mense slim, maar in hierdie weergawe van die realiteit het ek besonders baie vrae. Druk gerus die SHARE knoppie as julle wil he ek moet nog stories skryf. Ons gesels maar weer volgende week.

Robbie

My kind, gelukkige Moedersdag vanuit die Hemel vir jou,Ek is nou in n beter plek,maar het Moedersdag tog onthou....My ki...
10/05/2020

My kind, gelukkige Moedersdag vanuit die Hemel vir jou,
Ek is nou in n beter plek,
maar het Moedersdag tog onthou....

My kind al is ek nie meer by jou,
Weet ek hoe graag jy weer jou arms om my wil vou.....
En ek sien jou trane as jy so hartseer huil,
en so baie tyd by my foto verwyl....

Ek weet jou hart is vandag baie seer,
maar eendag sien jy my mos weer....
My Kind vandag sal ek by Jesus se voete sit,
en dan sal ek spesiaal net vir jou bid.....
Ek sal God vra om jou te dra,
en n antwoord te stuur op al jou vrae......

My Kind, gelukkige Moedersdag vanuit die hemel vir jou,
en weet my kind ek sal altyd daar wees vir jou....

Jy sal voel ek is naby,
As jy n warm gevoel in jou hart kry,
Ek kyk altyd af na jou my kind,
Tot jy weer jou voete vind
So wees nou nie meer hartseer oor my,
want ek het my plek in die hemel gekry,

Ek is baie gelukkig hier,
en sal vandag vir jou Engele stuur....
om heeldag oor jou wag te hou,
My kind n gelukkige Moedersdag vanuit die hemel vir jou.......

12/11/2019
10/10/2019

Vrydag is Bonita en prinses Karmen weer besties, maar Karmen se kak loop koud toe Moya se pa vir Vanessa bel en vra om haar en Karmen tesien voor skool. EK het nie elke dag die week gekyk nie, maar hierdie meeting kan net met die tablet temaak wees. Dit blyk Karmen het dalk kort ponytails, maar met die lengte van haar vingers is daar niks verkeerd nie. Die klein pes is nou betrokke by die steel van multimedia toerusting. Toe vanessa die ding sien en weet dit behoort aan niemand in hulle penthouse nie, moes sy reguit skool toe gegaan het. Nou loop vra Vanessa vir almal wat fout is met Karmen en hoekom steel Karmen. Steel is ‘n vorm van oneerlikheid Vanessa en destyds toe sy kleiner was, het jy oneerlike hare gedra. Ander mense se ponies en ander mense se kuiwe en ander mense se vlegsels. Sy’t jou dop gehou Vanessa en sy het net jou maniere. Sy’t geweet dis nie haar tablet nie, maar haar ma se fringe was ook nie haar ma se fringe nie, so wat verwag jy moes die kind doen? Sy steel dan ook die geld uit jou se sak omdat sy wil geld jag soos jy en jou man. Julle is dag en nag by die werk besig met kriminele verdedig of om gruwelike kak funksies tereel.

Hoe jy enigstens geld maak verstaan ek ook nie want julle doen vir elke klient presies dieselfde ding. Julle launches lyk soos Kitchen Teas en julle fashion shows lyk soos skoolkonserte.

Gepraat van Fashion, hoekom lyk Ketiwe se skirt soos ‘n halter-neck rok wat onder haar pramme met pennetjies agter aan haar bra vas gemaak is? Mag mens se skirt so hoog sit? Is dit gesond? Wat as sy ‘n blaas infeksie kry? Wat dan? Wie gaan dan elke dag die donkerste foudation in Johannesburg dra? Kom ons noem sommer ‘n ding op sy naam. Ketiwe is nie lig van kleur nie. Niks fout daarmee nie want donkerblou is ook mooi, maar hoekom probeer sy vir Shaka Zulu channel? Die oorlog is mos nou verby en die ANC het gewen, maar dis elke dag steeds Ketiwe wie lyk of sy betoog het in ‘n steenkool myn. Met daai skirt wat so onder haar blaaie sit kan sy seker ook nie ‘n belt dra nie want dan lyk sy soos my hond met sy lyf harnas.

Vir Andre en Connie wil ek ‘n kringgebed reel by His People in Goodwood, want net ‘n warehouse vol wit mense wie probeer Hillsongs sing kan nog vir daai twee iets beteken. By Fightclub kon hy links en regs sommer net mense dood slaan, maar vir Mat kan hy nou nie eers klap nie. Hoekom is Brummer se naam Brummer? Watse soort lewe gee jy jou kind met ‘n naam soos Brummer? En hoekom noem Andre hom Gerben? Nie Brummer of Gerben klink vir my na ‘n Christe besigheid nie. Sy familie was seker van ‘n kult soos Haven of so iets.

Gepraat van Satan, wat soek Gabby se slymkonyn in Kevin se Breyani? En net vir interesantheid, is Gabby wit of mis? Ek weet dit maak nie saak nie, volgens Simunye, maar ek weet baie van julle le snags wakker oor dit. Ek vra maar net hardop, dis al verskil.

Wag ons skinner volgende week weer! Druk om Hemelsnaam ASB die SHARE knoppie. Ook baie geluk aan Alvina wie fan van die week is oor sy my in die straat voorgekeur het. Was lekker om jou te ontmoet gesiggie!

Robbie

Address

8 Oak Street
Eersterivier
7100

Opening Hours

Monday 09:00 - 20:00
Tuesday 09:00 - 20:00
Wednesday 09:00 - 20:00
Thursday 09:00 - 20:00
Friday 09:00 - 20:00
Saturday 09:00 - 20:00

Telephone

+27817747047

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when INKcredible Tattoos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share