30/03/2024
Op Nasionale Doktersdag kry ons die geleentheid om met dankbaarheid en waardering te d**k aan toegewyde dokters wat onvermoeid werk om na gemeenskappe se gesondheid om te sien.
By Baycare Mediese Sentrum is ons dankbaar vir elke lid van ons mediese span wat entoesiasties saamwerk om holistiese oplossings vir u gesondheidsuitdagings te vind. Met onwrikbare toewyding, kundigheid en deernis verskaf hulle kwaliteit sorg aan ons pasiënte.
Ons tandarts, algemene praktisyn en fisioterapeute word bygestaan deur ‘n flinke, vrolike administratiewe span.
Dankie aan elkeen van u wat Nasionale Doktersdag saam met ons vier!