03/06/2026
Gelukkige verjaarsdag aan ons geliefde fisioterapeut!🏃🏼♀️🏋🏻♀️🤸🏼♀️
Met jou sagte geaardheid, mooiste omgee-hart en opregte liefde vir mense maak jy elke dag ‘n verskil in die lewens van die mense rondom jou. Ons is so dankbaar om jou deel van ons span te hê.
Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou net soveel vreugde, liefde en seëninge bring as wat jy aan ander gee. Geniet jou eerste verjaarsdag as Mev. Payne!🤍✨