La Studio

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefening

e. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

Gesels gerus as jy meer wil weet oor die diens wat ons bied☎️060743-4364
08/09/2026

Gesels gerus as jy meer wil weet oor die diens wat ons bied
☎️060743-4364

07/09/2026

Jy kan saam kom FERM WORD!!! Net plek in die aanlynklasse en 17:00 klas.

06/09/2026

Om te kan beweeg … beteken nie jy beweeg reg nie…

“Is dit te gou om nou al styf te wees na vanoggend se klas?  Ek vra namens n vriend 😁😁😁ONS OEFEN SO LEKKER DAT ONS DIE 2...
05/09/2026

“Is dit te gou om nou al styf te wees na vanoggend se klas? Ek vra namens n vriend 😁😁😁
ONS OEFEN SO LEKKER DAT ONS DIE 2dae NODIG HET OM TE HERSTEL👌🏻👌🏻👌🏻
Onthou daar is plek in die 17:00 klas asook in die 9:00 REHAB klasse👯✅🦋🎉🦵🏻💪🏻👏🏻🙌🏻⏰
☎️0829240872

PILATES IS NIE NET ’N OEFENKLAS NIE — DIS ’N BELEGGING IN HOE JY OOR 10 JAAR WIL BEWEEG. 🌿Sterker. Meer beweeglik. Beter...
03/09/2026

PILATES IS NIE NET ’N OEFENKLAS NIE — DIS ’N BELEGGING IN HOE JY OOR 10 JAAR WIL BEWEEG. 🌿

Sterker. Meer beweeglik. Beter balans. Minder beperk.

Oefen vandag vir die liggaam wat jy môre nog wil gebruik.
☎️Vind uit, daar is plek in die 17:00 klas👌🏻👌🏻👌🏻

03/09/2026

‘N PAAR BLIKKE VERF, SPIEËLS EN PAAR VARS IDEES HET LA STUDIO GETREF… dit was tyd⏱️
Opgewonde om dit amper met julle te deel….

01/09/2026

Een klas, een evaluasie, een oefening, een kliënt op ‘n slag maak La Studio ‘n verskil… KOM MEET SODAT JY KAN WEET OF JY BETER.

Hoe sterker en meer funksioneel jy voor ’n operasie ingaan, hoe beter voorbereid is jou liggaam vir die herstelpad daarn...
29/08/2026

Hoe sterker en meer funksioneel jy voor ’n operasie ingaan, hoe beter voorbereid is jou liggaam vir die herstelpad daarna.

Berei voor. Bou krag. Herstel sterker. 🌿
La Studio Biokinetika | Wetenskap van HOOP
☎️0829240873

Moenie wag totdat ouderdom jou bene begin beperk nie. Bou nou aan die liggaam wat jou later moet dra.👌🏻Ons kan jou help ...
27/08/2026

Moenie wag totdat ouderdom jou bene begin beperk nie. Bou nou aan die liggaam wat jou later moet dra.
👌🏻Ons kan jou help - veilig oefen!

26/08/2026

AS EK NET VIR DAARDIE JONG STUDENT KON SÊ: HOU AAN… 🌿

In 1998 het ek begin met my BSc Menslike Bewegingskunde.

Ses jaar later, in 2003, het ek by die Universiteit van Potchefstroom uitgestap — drie grade ryker.

Maar tussen daardie twee datums lê baie meer as grade.

Daar was klasse en eksamens.
Laat nagte, kuiers en partytjies. 😄
Baie leer — en baie grootword.

Reeds in my eerste jaar het ek begin werk waar ek kon: by biokinetika-sentrums en gimnasiums. Ek het personal training-kursusse bygewerk en soms ’n sentrum 04:00 in die oggend gaan oopsluit, vir min of geen vergoeding.

Nie omdat dit indrukwekkend was nie.

Omdat ek wou leer.

Toe ek uiteindelik die universiteit verlaat, kon ek dadelik my eie praktyk begin en mense begin help.

My eerste maand se salaris aan myself, mét ’n meestersgraad, was so klein dat ons dit maar eerder tussen my en die bankrekening sal hou. 😂

Maar ek sal dit nie verruil nie.

Elke vroeë oggend.
Elke kliënt.
Elke evaluasie.
Elke program wat ek geskryf het.
Elke kursus.
Elke persoon wat ek probeer motiveer het.
Elke keer wat iets nie gewerk het nie en ek weer moes leer.

Vandag kyk ek soms terug en besef:

Mens bou nie ’n loopbaan in een groot oomblik nie.
Jy bou dit in duisende klein oomblikke wanneer jy opdaag, aanhou leer en weer probeer.

En dalk is dit wat ek vandag vir iemand anders wil sê:

Moenie jou klein begin minag nie.

Jy weet nie waarheen die ure wat niemand raaksien jou nog gaan neem nie.

Ek is steeds besig om te leer.
Steeds besig om te bou.
En steeds dankbaar dat ek destyds net aangehou het. 🌿

Die pad was die moeite werd.

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to La Studio:

Shortcuts

Share