13/10/2026
🎓💙 MATRIEKS 2026 – JULLE HET HIERDIE! 💙🎓
12 jaar se vroeg opstaan, huiswerk, toetse, eksamens, stres en harde werk … en nou is julle by die HEEL LAASTE HOOFSTUK! 📚✨
Die eindstreep is in sig, en die grootmenswêreld wag vir julle! 🌍🚀
Onthou: Haal diep asem, vertrou jouself, drink genoeg water, kry daardie slaap in en moenie vergeet om tussen al die leer ook ’n bietjie asem te skep nie! 😉
💊 Ons voorskrif vir matriekeksamen-sukses:
💙 'n Groot dosis selfvertroue
📚 Twee lepels harde werk
☀️ 'n Daaglikse happie positiwiteit
💪 En BAIE geloof in jouself!
Van ons hele CMA Apteek & Kliniek-familie: STERKTE, MATRIEKS! 🎉
Mag julle harde werk beloon word en julle drome groter wees as julle vrese!
JULLE TOEKOMS LYK HELDER! 🌟
💙 CMA APTEEK & KLINIEK
Your Health • Our Priority