05/05/2026
Party persone funksioneer goed rondom ander, maar soda hulle alleen is, voel dit soms asof daar niks is om aan vas te hou nie.
Vir hierdie persone is dit maklik om op ander te fokus en na die behoeftes om te sien, maar as hulle op hulself moet fokus, tap dit hul energie wat kan insluit dat hulle nie lus is vir basies self-versorgende aktiwiteite soos eet of stort nie.
Dit gebeur nie omdat hulle lui is nie.
Soms is dit bloot die wyse waarop die ligaam geleer het om te oorleef. Dit is ‘n senuweestelsel-patroon – hul ligaam is so bedraad dat hulle uitsluitlik in verhouding met ander hul eie funksionering reguleer. Wanneer iemand naby is (veral as hulle in die se teenwoordigheid veilig voel), kom hul stelsel eers tot rus.
Die praktyk bied sessies aan waar daar saam gewerk word met benaderings om regulering, self versorging en innerlike ondersteuning oor tyd te ontwikkel.
Indien jy sou belangstel volg die skakel na my web-werf om ‘n afspraak te maak: https://jacqueslouw.com of skakel die praktyk direk op 0824529260.