Dr Stephen Carse - Ocean Glow Smile Studio

Dr Stephen Carse - Ocean Glow Smile Studio Here we create a calm, welcoming experience where every patient feels at ease while receiving exceptional, detail-driven care.

All treatments are performed by Dr Carse, whose passion lies in cosmetic dentistry, orthodontics, and full-mouth rehabilitation

Jou tande kan ook letterlik “weggeborsel” word!In hierdie geval was die tandnekke reeds erg afgeslyt en die tandstruktuu...
29/08/2026

Jou tande kan ook letterlik “weggeborsel” word!

In hierdie geval was die tandnekke reeds erg afgeslyt en die tandstruktuur het by die tandvleislyn weggeborstel. Dit kan veroorsaak word deur onder andere te harde borseldruk, ’n verkeerde borseltegniek, ’n skuurende tandepasta en soms ’n kombinasie van ander faktore soos suur erosie en tandkragte. Dr het ook die tande se vorm weer mooi herstel en alle hoekies weer mooi opgevul

❗ As dit onbehandel gelaat word, kan die skade vererger en tot gevolg hê:
• Sensitiewe tande
• Meer verlies van tandstruktuur
• Groewe by die tandnekke waar plaak makliker kan ophoop
• Kosmetiese probleme
• In ernstige gevalle kan dieper strukture van die tand bedreig word.

✨ Die goeie nuus?
Hierdie tandnekke is met ’n resin-komposiet herstel, wat die verlore tandstruktuur weer aanvul, die voorkoms verbeter en kan help om die sensitiewe area te beskerm.

Moenie wag totdat jou tande seer word nie — gereelde ondersoeke kan klein probleme vroeg opspoor. 🦷✨

📞 Ocean Glow Smile Studio
083 792 3745

“Borsel slim — nie hard nie!” 😉

Wanneer die tandarts vra:“Wanneer laas het jy gefloss?”Jy:“Ummm… gister.” 👀Die tandarts:“Regtig?”Jy:“.........gister in ...
28/08/2026

Wanneer die tandarts vra:

“Wanneer laas het jy gefloss?”

Jy:

“Ummm… gister.” 👀

Die tandarts:

“Regtig?”

Jy:

“.........gister in 2019.” 😂😂

Ons oordeel nie. ❤️

Ons help net jou glimlag om weer op koers te kom! 😁

🦷 WOENSDAG-WYSHEIDHet jy geweet?Jou tande is lewende strukture met bloedvate en senuwees binne-in. 🧠🦷Die harde buitenste...
26/08/2026

🦷 WOENSDAG-WYSHEID

Het jy geweet?

Jou tande is lewende strukture met bloedvate en senuwees binne-in. 🧠🦷

Die harde buitenste laag, emalje, beskerm die meer sensitiewe dele van jou tand.

Dis hoekom goeie mondhigiëne so belangrik is — jy wil jou “beskermende wapenrusting” so lank as moontlik behou! 💪😁

Daarom is 'n goeie Ondersoek elke 6 - 12 maande so belangrik, om seker te maak jou tande bly gesond

🌊 MONDAY SMILE REMINDERJy glimlag waarskynlik vandag vir iemand anders…Maar wanneer laas het jy vir jouself geglimlag? ❤...
24/08/2026

🌊 MONDAY SMILE REMINDER

Jy glimlag waarskynlik vandag vir iemand anders…

Maar wanneer laas het jy vir jouself geglimlag? ❤️

’n Gesonde glimlag is nie net oor hoe jou tande lyk nie — dit gaan oor selfvertroue, gesondheid en hoe jy oor jouself voel.

So vandag:

✨ Glimlag meer.
✨ Lag harder.
✨ Drink water.
✨ Sorg vir jou tande.

En geniet die week! 😁🌊

🌊 FRIDAY SMILE CHALLENGE! 😁Ons daag jou uit:📸 Neem vandag ’n foto met jou grootste glimlag.Nie die halfhartige “ek is op...
21/08/2026

🌊 FRIDAY SMILE CHALLENGE! 😁

Ons daag jou uit:

📸 Neem vandag ’n foto met jou grootste glimlag.

Nie die halfhartige “ek is op ’n Zoom meeting”-glimlag nie…

Die GROOT een! 😂😁

Tag iemand wat volgens jou ’n bietjie meer moet glimlag of altyd 'n mooi glimlag het. ❤️

Want soms is die beste ding wat jy vandag kan dra…

’n glimlag.

🧠 DENTAL FACT OF THE WEEKHoekom kry jy soms ’n slegte asem wanneer jy wakker word? 😴Terwyl jy slaap, produseer jou mond ...
19/08/2026

🧠 DENTAL FACT OF THE WEEK

Hoekom kry jy soms ’n slegte asem wanneer jy wakker word? 😴

Terwyl jy slaap, produseer jou mond minder speeksel.

Speeksel help om bakterieë en voedselreste weg te was. Wanneer daar minder speeksel is, kry bakterieë dus ’n lekker klein “oorslaap-partytjie”. 😂🦠

Daarom kan jou asem soggens minder vars wees.

💡 Wenk: Drink water wanneer jy wakker word en moenie jou tong vergeet wanneer jy jou tande skoonmaak nie.

En ja… koffie help met jou bui. 😜☕

😁 MAANDAG - NIE 'N BLOU MAANDAG NIE MAAR EEN OM TE GLIMLAG’n Nuwe week = ’n nuwe kans om te glimlag! 🌊✨En kom ons wees e...
17/08/2026

😁 MAANDAG - NIE 'N BLOU MAANDAG NIE MAAR EEN OM TE GLIMLAG

’n Nuwe week = ’n nuwe kans om te glimlag! 🌊✨

En kom ons wees eerlik… ’n mens kan omtrent enige probleem beter hanteer met ’n goeie koppie koffie ☕ en ’n mooi glimlag. 😉

Onthou vandag:
Jy hoef nie ’n rede te hê om te glimlag nie.
Maar as jy een soek… jy het nou een! 😁

🌊 Ocean Glow Smile Studio
Waar gesonde glimlagte begin.

Ons sien God se seëninge dikwels in die eenvoudigste dinge. 🍎✨.... As ons ingestel is om die mooi te probeer sien, byges...
15/08/2026

Ons sien God se seëninge dikwels in die eenvoudigste dinge. 🍎✨.... As ons ingestel is om die mooi te probeer sien, bygesê

Gister het ons 'n appel oopgesny en iets besonders ontdek – nuwe lewe wat reeds binne-in die pitte begin groei het.

Dit is 'n mooi herinnering dat die Here altyd aan die werk is, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie. Net soos hierdie klein spruite stilweg begin groei het, groei baie van ons seëninge ook agter die skerms volgens Sy perfekte tyd.

Mag ons nooit die klein wonderwerke miskyk wat God elke dag vir ons wys nie. Hy is die Skepper van nuwe beginne, nuwe hoop en nuwe lewe. 🌱

Soms vat Hy 'n mens weg uit omstandighede wat jy nie nou verstaan nie, maar hou aan vashou aan Sy belofte dat alles ten goede sal meewerk vir dié wat in Hom glo.

🙏🏼"Die Here sal jou ryklik seën."🙏🏼

Dankie Here vir U goedheid en die seëninge wat ons elke dag omring. 💙

😂 VRYDAG-VRAAG!Wat doen jy eerste wanneer jy wakker word?A️ - Kyk na jou foon 📱B️ - Drink koffie ☕C️ - Borsel jou tande ...
14/08/2026

😂 VRYDAG-VRAAG!

Wat doen jy eerste wanneer jy wakker word?

A️ - Kyk na jou foon 📱
B️ - Drink koffie ☕
C️ - Borsel jou tande 🪥
D️ - Druk “snooze” nog 5 keer 😴

Ons vermoed daar is baie D’s tussen julle! 😂

Vertel ons in die kommentaar hieronder 👇

🌊 Ocean Glow Smile Studio

Address

19 Ryk Tulbach Str Da Nova Mosselbay
Mosselbaai
6509

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Stephen Carse - Ocean Glow Smile Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share