Speel-Speel Skool Wingatepark

Speel-Speel Skool Wingatepark Speel- Speel Skool skep ‘n liefdevolle, rustige en veilige omgewing vir jou mees kosbare besitting/s!

Ons het hierdie lentedag in styl gevier!        WELKOM LENTE!🌷🪻🌼🌸
01/09/2026

Ons het hierdie lentedag in styl gevier!

WELKOM LENTE!🌷🪻🌼🌸

Nog 'n paar foto's van die dekor, voorbereidings en natuurlik die BESTE span! Dankie aan ons Skoolhoof, Cherne Harris  e...
29/08/2026

Nog 'n paar foto's van die dekor, voorbereidings en natuurlik die BESTE span!

Dankie aan ons Skoolhoof, Cherne Harris en haar span wat hierdie dag so suksesvol gemaak het!

Ons jaarlikse sportdag was 'n reuse sukses! Baie dankie aan al die ouers, vriende en familie wat hierdie heerlike dag sa...
29/08/2026

Ons jaarlikse sportdag was 'n reuse sukses! Baie dankie aan al die ouers, vriende en familie wat hierdie heerlike dag saam met ons kom geniet het.

Baie dankie aan L/S Monumenpark vir julle pragtige rugbyveld en fasiliteite waarvan ons gebruik kon maak. Ons waardeer julle! 🩷

😁Hoofdespanbou van die twee skole saam😁Dit was tot dusver een MASSIEWE "rollercoaster ride" by Speel-Speel Skool hierdie...
22/08/2026

😁Hoofdespanbou van die twee skole saam😁

Dit was tot dusver een MASSIEWE "rollercoaster ride" by Speel-Speel Skool hierdie jaar!

Met al die hoogtepunte, laagtepunte, draaie en baie oomblikke waar ons net BAIE styf moes vashou, het ons besluit -
“If you can’t beat them, join them!” 🤣🤣

Hier’s op nog ’n laaste paar maande vol van groei, uitdagings, oorwinnings en natuurlik… ’n hele paar "rollercoaster rides"!


Hierdie week se tema is REPTIELE  — en vandag het die reptiele by ons kom kuier! Hierdie is altyd een van ons gunsteling...
20/08/2026

Hierdie week se tema is REPTIELE — en vandag het die reptiele by ons kom kuier!

Hierdie is altyd een van ons gunsteling-instappies! Grillerig en glibberig, maar SO LEKKER!

Ons liefste maatjies het die geleentheid gekry om die reptiele van naby te sien en aan meeste van hulle te voel! Selfs ons babatjies 😁


19/08/2026

Wie sê modder is vuil? 😜

Ons 2–3-jariges het vandag heerlik met modder gespeel — handjies in die modder, kaalvoet en natuurlik sommer lekker vuil geword!

Speel-Speel se geheime plan?
Kinders en ouers D**K hulle speel en geniet hulself, maar intussen gebeur daar soveel meer:
-Sensoriese ontwikkeling
-Ontwikkeling van fyn- en grootmotoriese vaardighede
-Kreatiwiteit en verbeelding
-Sosiale vaardighede
-Ontdekking en probleemoplossing

En natuurlik… die vryheid om net kind te wees!

Die beste leerervarings is die waar hulle nie eers WEET hulle "werk hard" nie!

🎉 Vandag is ons liefste Elma se spesiale dag! 🎉Gelukkige verjaarsdag, liefste Elma! 🥳💐Elma, baie dankie vir jou positiew...
19/08/2026

🎉 Vandag is ons liefste Elma se spesiale dag! 🎉

Gelukkige verjaarsdag, liefste Elma! 🥳💐

Elma, baie dankie vir jou positiewe en energieke persoonlikheid. Dankie vir al die liefde, omgee en geduld wat jy elke dag aan ons kosbare kinders gee. ❤️

Ons bid dat hierdie nuwe jaar van jou lewe gevul sal wees met baie seëninge, liefde, geluk en mooi oomblikke. Mag jy altyd weet hoe baie jy vir ons beteken en hoe geliefd en waardeer jy is. 🌸✨

Geniet jou spesiale dag en mag dit net so wonderlik wees soos jy! 🎂🥳

Baie liefde,
❤️ Jou Speel-Speel Familie

🎉 Gelukkige Verjaarsdag, Princess! 🎉Baie dankie vir al jou harde werk. Jy huiwer nooit wanneer ons jou vra om iets te do...
14/08/2026

🎉 Gelukkige Verjaarsdag, Princess! 🎉

Baie dankie vir al jou harde werk. Jy huiwer nooit wanneer ons jou vra om iets te doen nie, en jy doen dit altyd met ’n glimlag! 😊

Jy is ’n ware plesier om mee saam te werk, en ons waardeer alles wat jy vir ons doen opreg. ❤️

Mag jy ’n wonderlike verjaarsdag hê, gevul met liefde, geluk en baie spesiale oomblikke! 🎂🎈

Gelukkige verjaarsdag, Princess! Ons waardeer jou baie! ❤️

🎉🎉 Baie geluk met jou verjaarsdag, ons liefste Precious! 🎉🎉Vandag vier ons, ons dierbare Precious! ❤️Baie dankie vir al ...
11/08/2026

🎉🎉 Baie geluk met jou verjaarsdag, ons liefste Precious! 🎉🎉

Vandag vier ons, ons dierbare Precious! ❤️

Baie dankie vir al jou harde werk, toewyding en die liefde wat jy elke dag aan ons kosbare maatjies gee. Ons waardeer jou opreg en alles wat jy vir ons en ons kinders doen. 🌸

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met vreugde, geluk, liefde en baie mooi seëninge. Mag jy vandag en altyd voel hoe geliefd en gewaardeer jy is. ❤️

Ons hoop jy het die wonderlikste verjaarsdag en dat jou dag net so spesiaal soos jy is! 🥳🎂🎈

Baie geluk, Precious! 🎉🎉🎉🎉

Die personeel het ook elkeen 'n heerlike roomys ontvang om Vrouedag te vier! 🍦Ons is SO geseënd met 'n span vol besonder...
07/08/2026

Die personeel het ook elkeen 'n heerlike roomys ontvang om Vrouedag te vier! 🍦

Ons is SO geseënd met 'n span vol besonderse vroue wat elke dag met soveel liefde, geduld en passie na ons kinders omsien.

Baie dankie vir alles wat julle vir Speel-Speel doen. Ons waardeer elkeen van julle SO baie!! 🩷🥰

Address

826 Barnardstreet
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27766974211

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Speel-Speel Skool Wingatepark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Speel-Speel Skool Wingatepark:

Shortcuts

Share