Healing Hands Reflexology & Beauty Studio

Healing Hands Reflexology & Beauty Studio All Beauty related Healing Hands maak gebruik van elektroniese toestelle en hoogs gespesialiseerde tegnieke om die gesig en liggaam te behandel. Happy Healing -♡

.Healing Hands Reflexology & Beauty Studio. ☆ The difference between ordinary and extra ordinary is that little EXTRA -☆ Healing Hands fokus daarop om die liggaam so natuurlik as moontlik te genees en te behandel. Streng reëls ten opsigte van higiëne en kliniese prosedures moet te alle tye gehandhaaf word. Die primêre doel van die Healing Hands is om mense mooier te laat lyk en voel, wat op sy beu

rt weer bydra tot geestesverryking. Die gelaats behandeling vir diep reiniging en probleem velle , teen veroudering en instanthouding. Healing Hands gebruik net van die top skoonheids huise bv ENVIRON, SANS SOUCIS, AHAVA. Healing Hands het 'n holistiese benadering tot skoonheid. Die beroep skakel onder meer by verskillende fasette van skoonheid, fiksheid en gesondheid in. Healing Hands ondersoek en behandel vel- en figuurprobleme, doen verslankingsbehandelings in samehang met 'n dieet aanbeveel deur 'n geneesheer. Die behandelings kan hittebehandelings, spierverferming en sellulietbehandelings insluit. Healing Hands gemoeid met die gespesialiseerde grimeertegnieke soos bruidsgrimering en grimering vir advertensies en televisiedoeleindes, permanente en tydelike verwydering van ongewenste gesig- en liggaamshare, manikure en pedikure, en die kleur van wimpers. Healing Hands is ook 'n spesialis in die aanwending van 'n verskeidenheid van elektriese toerusting en gespesialiseerde massering vir ontspanning, (Hot stone& Indian Head) sweedse masserings, baba masserings, swangerskap masserings, beserings 'injury' massering, kroniese pyn en spasma masserings, Hier help Healing Hands die kliënt om van spanning ontslae te raak deur middel van byvoorbeeld aromaterapie en refleksiologiebehandeling. Aromaterapie behels massering met olies, wat ook help met sekere kondisies. en refleksiologie drukterapie om verskillende dele van die voete wat oor die liggaam reflekteer en kan dit sommige pyne en kwale verbeter. Bv been en voet krampe, kroniese hoofpyne, spastiese kolon, swak sirkulasie, slaaploosheid om net n paar te noem. Albei behandeling word ook vir ander probleme en kwale gebruik. Kontak Carike 081 735 6535 Studio 012 252 2616 Whatsapp 076 403 7038. Healing Hands is gelee binne Hair Inker Schutte laan 44 Brits.

NB!Order notice!!!!Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pmWhatsapp op  082 641 4703
07/09/2026

NB!

Order notice!!!!

Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pm

Whatsapp op 082 641 4703

NB!Order notice!!!!Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pmWhatsapp op 082 641 4703
06/09/2026

NB!

Order notice!!!!

Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pm

Whatsapp op 082 641 4703

✨ SKNLOGIC ORDER GOING IN! ✨If you’re running low on your favourite SKNLOGIC products, now is a good time to stock up! 🤍...
05/09/2026

✨ SKNLOGIC ORDER GOING IN! ✨

If you’re running low on your favourite SKNLOGIC products, now is a good time to stock up! 🤍

📢 Please remember that SKNLOGIC prices will be increasing from 1 October, so take advantage of the current prices while you still can.

I’ll be placing my next order on Tuesday.

🌸 All orders need to be sent to me before Monday at 20:00.
🌸 Immediate payment is required to secure your order.
🌸 Please make sure your payment reflects in my account by the deadline.
Unfortunately, if it doesn’t reflect, I won’t be able to include your products in the order.

Not sure which SKNLOGIC products are right for your skin? You’re welcome to pop me a message and I can help guide you according to your skin concerns. 🩷

📲 WhatsApp: 082 641 4703

Stock up now and beat the October price increase! 🌿✨

Healing Hands Beauty
Skincare • Beauty • Aesthetics

🌸 ORDER REMINDER 🌸Just a little reminder to all my Weight Management clients 🤍I’ll be placing orders again on Tuesday.If...
05/09/2026

🌸 ORDER REMINDER 🌸

Just a little reminder to all my Weight Management clients 🤍

I’ll be placing orders again on Tuesday.

If you know you’re going to need your next order, please don’t leave it until the last minute. Make sure your order is sent through and payment reflects before Monday at 8pm. 🌿

Please remember, I can unfortunately not add unpaid orders to my order list. If payment has not reflected by the cut-off time, your order will only go through with my next order.

If you’re new to my page and would like to find out more about my Weight Management options and how the process works, you’re more than welcome to pop me a WhatsApp and we can chat. 🤍

📲 082 641 4703

Thank you so much for your continued support and for trusting me to be part of your journey. 🩷

Healing Hands Beauty
Skincare • Beauty • Aesthetics • Weight Management

●● SKIN EDUCATION ●●PIGMENTATION OR MELASMA? THEY’RE NOT THE SAME! You might look in the mirror and simply see “dark mar...
04/09/2026

●● SKIN EDUCATION ●●

PIGMENTATION OR MELASMA?
THEY’RE NOT THE SAME!

You might look in the mirror and simply see “dark marks” but what’s happening underneath the skin can be very different.

Pigmentation can develop from things like sun exposure, acne, inflammation, ageing or previous skin trauma, while melasma is a more complex, chronic condition that can be influenced by hormones, heat, sun exposure and genetics.

And this is exactly why I always say:
We need to understand your skin before we treat your skin.

Something that works beautifully for ordinary pigmentation may not necessarily be the best approach for melasma.

In fact, being too aggressive with certain skin conditions can sometimes make pigmentation more difficult to manage.

At Healing Hands Beauty, I prefer looking at the whole picture ,your skin, possible triggers, current products, lifestyle and what we realistically want to achieve
before deciding on a treatment plan.

Because skincare shouldn’t just be about throwing treatments at a problem and hoping for the best.

It should be about treating your skin carefully, correctly and consistently.

And remember: no pigmentation treatment plan is complete without good daily sun protection! USE YOUR SPF !

If you’re struggling with pigmentation, uneven skin tone or stubborn dark patches and you’re unsure where to start, you’re welcome to book a skin consultation with me.

Consultation cost : R200
📲 WhatsApp: 082 641 4703
📍 Healing Hands Beauty
| Helikonpark, Randfontein

03/09/2026
31/08/2026

🌸 INTRODUCING PINK PETAL POP 🌸

Spring is almost here… and apparently my earrings got the memo before the weather did! 😂🌷💕

Say hello to Pink Petal Pop — bright, bold, girly and made for those days when your outfit needs just a little extra happiness. 💗

I absolutely LOVE how the vibrant pink petals and little touches of gold came together on this pair. They’re fun, feminine and definitely not made to blend into the background. ✨

🌸 Pink Petal Pop
💗 Handmade with love
✨ R230

Please remember: I mostly work on order only. Each pair is handmade individually, so I don’t mass-produce or keep large quantities of every design. 🤍

If you love a set you see, simply send me a message and I can make one especially for you. 🌸 Please allow enough time for your order, as handmade takes a little longer — but that’s part of what makes each pair special. 🥰

Because spring calls for colour, flowers and earrings that make you smile! 🌷🌸

📲 WhatsApp 081 735 6535 to place your order.

Ek kry so baie navrae oor hoe ek die 30kg verloor het.Ek wil net iets sê oor die 💉 … want daar is nogal ’n groot wanpers...
30/08/2026

Ek kry so baie navrae oor hoe ek die 30kg verloor het.

Ek wil net iets sê oor die 💉 … want daar is nogal ’n groot wanpersepsie daaroor. 🤍

Ja, ek gebruik dit.
Ja, dit het my gehelp.
En ja, ek sal dit weer kies.

Maar nee… die spuit het nie die 30kg namens my verloor nie.

Ek d**k party mense sien ’n before & after foto en d**k jy spuit net een keer ’n week en die kilos val vanself af. 😂

Ek wens dit was so maklik!

Die spuit is vir my ’n hulpmiddel gewees. Dit het gehelp met my eetlus, ek raak vinniger versadig en dit het dit vir my baie makliker gemaak om my porsies en eetgewoontes onder beheer te kry.

Maar daar is nog steeds ’n deel wat jy self moet doen.

Ek moes leer dat minder eet nie noodwendig beteken ek eet reg nie.

Wanneer jou eetlus min is, kan jy maklik deur ’n hele dag gaan en amper niks eet nie. Maar dit beteken nie jou liggaam kry wat hy nodig het nie.

Ek moes begin fokus op proteïen.
Eiers, vleis, hoender, jogurt of wat ook al vir my op daardie dag werk.

Ek probeer eerste my proteïen inkry, want wanneer mens gewig verloor wil jy nie net gewig verloor nie — jy wil ook sover moontlik jou spiermassa behou.

Dan… WATER. 💧

Hiermee is ek nie altyd die beste nie. 😂

Maar dit maak ’n verskil.

Ek probeer elke dag genoeg water inkry en ek kan definitief aan my lyf voel wanneer ek nie genoeg gedrink het nie.

Ek moes ook leer om beter koskeuses te maak.

Dit beteken nie ek leef net van slaai en hoender nie. 😂
Ek eet nog steeds normale kos.
Ek gaan nog steeds uit.
Ek eet soms iets soets.
Ek het nog steeds dae waar ek iets eet wat seker nie die beste keuse was nie.

Maar dis waar my kopskuif gekom het…

Een verkeerde ete beteken nie ek het nou alles opgefoeter en kan maar vir die res van die week verkeerd eet nie.

Jy maak met jou volgende ete net weer ’n beter keuse.

Beweging is ook deel daarvan.

Jy hoef nie skielik 5 dae ’n week in ’n gym te wees nie.

Begin waar jy is.

Stap meer.
Beweeg meer.
Doen wat jou liggaam op daardie stadium kan hanteer.

Soos die gewig begin afkom en jy ligter en beter begin voel, raak beweging ook makliker.

Maar ek wil ook die ander kant daarvan sê…

Hierdie journey is nie altyd lekker nie.

Daar kan naarheid wees.
Jou maag kan omgekrap wees.
Jy kan hardlywig raak.
Jy kan soms baie min eetlus hê.
Jy kan moeg voel.

En dan is daar natuurlik die skaal. 🙄😂

Party weke verloor jy mooi en jy voel ongelooflik trots op jouself.

Die volgende week doen jy alles dieselfde… en die skaal staan doodstil.

Of hy gaan selfs ’n bietjie op.

Dis frustrerend.

Daar is plateaus. Daar is goeie weke en slegte weke.

En dis hoekom ek probeer om nie meer net my sukses aan ’n nommer op die skaal te meet nie.

Hoe pas my klere?
Hoe voel my liggaam?
Hoeveel beter kan ek beweeg?
Hoeveel meer energie het ek?
Hoe voel ek wanneer ek in die spieël kyk?

Daardie goed tel ook.

Nog iets wat ek geleer het is dat meer nie altyd beter is nie.

As iets vir jou werk, hoef jy nie heeltyd te jaag om meer en meer te gebruik net omdat jy vinniger wil verloor nie.

Vinniger is nie altyd beter nie.

Ek wil eerder iets doen wat my liggaam kan hanteer en wat vir my volhoubaar is.

En ek d**k dis seker die grootste ding wat ek oor hierdie hele journey geleer het:

Die spuit kan jou help… maar jy moet hom halfpad ontmoet.

Jy moet eet.
Jy moet genoeg proteïen inkry.
Jy moet water drink.
Jy moet probeer beweeg.
Jy moet luister na jou liggaam.
Jy moet jou gewoontes begin verander.

En jy moet geduldig wees.

Ek is nie perfek daarmee nie. Glad nie. 😂

Ek het goeie dae en ek het dae waar alles skeefloop.

Maar ek staan die volgende dag op en probeer weer.

Ek is nou 30kg ligter en ek het nog so 10kg wat ek graag wil verloor.

Ek is dus nog besig met my eie journey en leer nog soos ek aangaan.

Maar as daar een ding is wat ek vandag vir iemand kan sê wat hiermee wil begin:

Moenie die spuit sien as die antwoord op alles nie. Sien dit as ’n hulpmiddel wat jou die kans gee om weer beheer te begin neem. 🤍

Die res bou jy stukkie vir stukkie saam met dit.

En daardie klein veranderinge begin later ’n baie groter verskil maak as wat mens besef. 🌿

Vir enige verdere navrae oor die slimming programme en hoe die proses werk, kan jy my WhatsApp:

📲 082 641 4703

Ek sal alle navrae Dinsdag gedurende salon ure antwoord. 🌸

Elke persoon se liggaam, mediese geskiedenis en journey verskil. Resultate en newe-effekte verskil ook van persoon tot persoon, daarom behoort enige weight loss journey verantwoordelik en volgens elke persoon nenader te word en daarom doen ek eers konsultasies en screenings voor ek enige iets aan julle sal voorsien.

30 KG. ❤️ Ek het dit gedoen!Ek is amptelik by my 30 kg-mikpunt! 🥹Nog 10 kg om te gaan… maar vandag wil ek vir ’n oomblik...
29/08/2026

30 KG. ❤️ Ek het dit gedoen!

Ek is amptelik by my 30 kg-mikpunt! 🥹

Nog 10 kg om te gaan… maar vandag wil ek vir ’n oomblik vergeet van die “nog” en net kyk na hoe vêr ek reeds gekom het.

Op 26 November 2025 het ek ’n kopskuif gemaak.

Ek het vir myself gesê:
Tot hier toe. Nie verder nie. Iets moet verander.

Ek was skepties. Ek was bang dit is maar net nóg iets wat ek gaan probeer en wat nie gaan werk nie.

Maar ek het die kans gevat.

En vandag is ek só dankbaar dat ek het. ❤️

Want hier staan ek, ’n paar maande later…

30 KG LIGTER.

En nee, ek is nog nie waar ek wil wees nie.
Daar is nog 10 kg wat ek graag wil verloor., en dalk nog 'n paar meer , sal ek nie kla nie.

Maar ek is ook nie meer die vrou wat op 26 November besluit het sy kan nie meer so aangaan nie.

My storie met my gewig het nie net begin omdat ek te veel geëet het of te min geoefen het nie.

Na jare se fertiliteitsbehandelings, hormoonaanvullings en soveel rondtes oor en oor en oor, maand na maand, jaar na jaar het my liggaam deur baie gegaan.

En ek het probeer. Jinne, ek het probeer.

28-dae eetplan
“Geheime” eetplanne.
Intermittent fasting.
CSN.
Relislim.
Duromine.
SAICS
Gummy Berry Juice
Die wonderneut… 😂
En nog ’n hele lys wat ek seker al vergeet het of vir 'n rede nie noem nie..

Elke keer het ek gehoop: Miskien is hierdie die een.

Maar ek kon net nooit iets kry wat ek volhoubaar kon maak en waarmee ek kon aanhou nie.

Tot ek uiteindelik besef het dat ek nie net gewig wil verloor nie.
Ek wil beter na my liggaam begin kyk.

Ek wil gesonder keuses maak.
Ek wil meer beweeg.
Ek wil leer wat my liggaam nodig het.
Ek wil genoeg water drink, beter eet, genoeg proteïene inkry en ophou d**k dat een slegte dag beteken alles is verwoes.

Ek wil ’n leefstyl bou wat ek kan volhou.

En vandag gaan dit vir my oor soveel meer as die nommer op die skaal.

Ek voel beter.
My liggaam voel beter.
My inflammasie voel beter.
My pynvlakke voel beter.
Ek beweeg makliker.
Ek voel gemakliker in my eie lyf.

En dalk die belangrikste…

Ek het weer begin glo dat ek kan. ❤️

Die pad was beslis nie perfek nie.

Party weke verloor ek mooi.
Party weke staan die skaal doodstil.
Party dae maak ek goeie keuses en ander dae… wel, dan is ek ook maar net mens. 😂

Maar ek het geleer:

Stadig is steeds vorentoe.

100 g is vorentoe.
500 g is vorentoe.
Om ná ’n moeilike week weer te begin, is vorentoe.

Jy hoef nie perfek te wees om jou lewe te verander nie.

Jy moet net aanhou.

As jy vandag na jouself kyk en d**k: Ek het te ver gegaan. Ek sal nooit daar uitkom nie…

Moenie moed opgee nie.

Begin klein.
Maak vandag een beter keuse as gister.
En môre maak jy nog een.

Moenie net gewig verloor omdat jy ’n kleiner broek wil dra nie.

Doen dit sodat jy makliker kan beweeg.
Sodat jy sterker kan voel.
Sodat jy meer energie vir jou lewe en jou mense kan hê.
Sodat jy eendag kan terugkyk en sê:

“Ek is so dankbaar dat ek nie opgegee het op myself nie.”

Ek het nog 10 kg om te gaan…

Maar vandag vier ek die 30 kg wat klaar weg is. 🥹🙌🏻

En as jy besluit het dit is ook tyd vir jóú kopskuif — ek is hier om jou aan te moedig en die pad saam met jou te stap. ❤️

30 KG DOWN.
10 KG TO GO.
Een dag. Een keuse. Een kilogram op ’n slag. 💪🏻❤️

Indien jy meer wil weet van die slimming spuite. Whatsapp op 082 641 4703 en ek gesels dinsdag in salon ure met julle.,

Address

17 Piet My Vrou Helikonpark
Randfontein
1759

Opening Hours

Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27826414703

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Healing Hands Reflexology & Beauty Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share