Liefde Vir Liam Jacobs

Liefde Vir Liam Jacobs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Liefde Vir Liam Jacobs, Medical and health, Klein Joostenberg, Stellenbosch.

A STORY WRITTEN FOR GLORY! 👑
Liam is op 4 jarige ouderdom gediagnoseer met Medulloblastoma Stage 4 Brein Kanker wat ook na sy spinale koord versprei het 💛🎗Hy is n absolute WONDERWERK & in REMISSIE sedert 10/11/2025!
2 Kings 20:5 🙌🏼

Dag 3 TEKENS 💛🎗️ Elkeen se tekens verskil - medies gesproke moes ek nie eers kon loop nie omdat die gewasse in my brein ...
03/09/2026

Dag 3 TEKENS 💛🎗️

Elkeen se tekens verskil - medies gesproke moes ek nie eers kon loop nie omdat die gewasse in my brein so groot en baie was. Ek het n maag sonar, Gastroskopie en Lumbar Punch gehad waarna hulle steeds nie geweet het wat fout was nie. Dr. het toe n CT scan aangevra en dit het bevestig dat ek breinkanker gehad het.

Dag 2: Voor alles verander het 💛🎗️Ek is nogsteeds so lief vir die plaaslewe en buite wees. Ek vat nou net bietjie langer...
02/09/2026

Dag 2: Voor alles verander het 💛🎗️

Ek is nogsteeds so lief vir die plaaslewe en buite wees. Ek vat nou net bietjie langer om te klim en klouter en om te hardloop maar ek geniet nogsteeds die lewe ten volle.

Vigo is een van die maatjies wat Liewe Jesus gekies het om saam te veg. Sy kanker was bietjie anders as myne hy het Leuk...
01/09/2026

Vigo is een van die maatjies wat Liewe Jesus gekies het om saam te veg. Sy kanker was bietjie anders as myne hy het Leukaemia gehad. 💛🎗️

Dis heerlike lente 🌼🌻🌼🌻maar dis ook kinderkanker bewustheidsmaand 🎗️🎗️ en ons gaan hierdie September alles deel van voor...
01/09/2026

Dis heerlike lente 🌼🌻🌼🌻maar dis ook kinderkanker bewustheidsmaand 🎗️🎗️ en ons gaan hierdie September alles deel van voor diagnose tot wie my hospitaal familie is. Dankie dat julle steeds hierdie pad saam my stap! Kom ons skep saam bewustheid oor kinderkanker 💛🎗️

WHAT IS DIFFERENT? 💙Twee foto’s.Twee jaar uitmekaar.Ek lyk dalk net ’n bietjie groter… maar tussen hierdie twee foto’s h...
27/08/2026

WHAT IS DIFFERENT? 💙

Twee foto’s.
Twee jaar uitmekaar.

Ek lyk dalk net ’n bietjie groter… maar tussen hierdie twee foto’s het my hele wêreld verander.

Ek het ’n breinoperasie gehad.
Ek het ’n shunt gekry.
Ek het lank in die hospitaal gebly.
Ek het baie behandelings gehad.
Ek het dae gehad wat my lyfie baie moeg was.
Ek moes weer leer loop.
Ek moes weer leer om my balans te vind.
Ek moes weer leer om my lyfie te vertrou.

My motoriese ontwikkeling het ’n ander pad geloop. Dinge wat vir ander kinders maklik kom, moes ek soms weer van voor af leer.

Maar kyk na my vandag. 🥹💙

Ek loop.
Ek hardloop.
Ek speel.
Ek leer.
Ek het hare.
Ek het nie meer n NG tube nie
Ek LEEF!!

Ek het dalk ’n paar letsels wat my storie vertel, maar ek dra ook ’n krag saam wat ek nooit geweet het ek het nie.

So, what is different?

Byna alles.

Maar die grootste verskil van alles?

Ek het nie meer kanker nie 💛

God se goedheid ken geen einde nie!! 💛
18/08/2026

God se goedheid ken geen einde nie!! 💛

Dis net n voorreg om hierdie mylpaal te kan vier! 💛🎗️
12/08/2026

Dis net n voorreg om hierdie mylpaal te kan vier! 💛🎗️

Groot opwinding heers in die Jacobs Huishouding vandag! Ek het my heel eerste tandjie getrek 🤩🦷
06/08/2026

Groot opwinding heers in die Jacobs Huishouding vandag! Ek het my heel eerste tandjie getrek 🤩🦷

Alle een aan God dat ek genees is🎗️💛
02/08/2026

Alle een aan God dat ek genees is🎗️💛

Brief  #2Liewe Kanker Vandag is dit twee jaar sedert jy onverwags my lewe en lyfie binnegestap het.Jy het gedink jy gaan...
18/07/2026

Brief #2

Liewe Kanker

Vandag is dit twee jaar sedert jy onverwags my lewe en lyfie binnegestap het.

Jy het gedink jy gaan my storie skryf.
Jy het gedink jy gaan alles van my steel.
Jy het gedink jy gaan my lag, my drome, my kinderdae en my toekoms wegvat.

Maar jy was verkeerd.

Ja, jy het my laat huil.
Jy het my deur operasies, hospitale, inspuitings, pille, skanderings en baie moeilike dae gevat.
Jy het probeer om my liggaam moeg te maak.

Maar daar is soveel wat jy nooit kon vat nie.

Jy kon nie my glimlag steel nie.
Jy kon nie my geloof breek nie.
Jy kon nie die liefde van my familie wegneem nie.
Jy kon nie die duisende gebede stilmaak wat vir my opgegaan het nie.
Jy kon nie keer dat mense om my saamstaan nie.

En die belangrikste…

Jy kon nie God se plan vir my lewe vernietig nie.

Jy het gedink jy wen toe die dokters gesê het ek het Medulloblastoma Stage 4 Breinkanker….
Maar elke tree wat ek weer geleer loop het…
Elke laggie…
Elke skoon skandering…
Elke mylpaal…
Elke nuwe dag…

…was ’n herinnering dat jy nie die laaste sê het nie.

Ek is nie net ’n kankerpasiënt nie.
Ek is ’n oorwinnaar.

Jy het letsels gelos.
Jy het herinneringe gelos.
Maar jy het ook iets anders gelos…

’n Getuienis van God se genade.

So vandag, twee jaar later, kyk ek nie terug met vrees nie.
Ek kyk terug met DANKBAARHEID.

Want jy het my nie vernietig nie.
Jy het my nie gebreek nie.
Jy het nie gewen nie.

My naam is Liam Jacobs.

En my storie gaan nie oor kanker nie.

My storie gaan oor HOOP.
Oor GELOOF.
Oor WONDERWERKE.
En oor ’n God wat steeds GENEES.

Van,
Liam

💛🎗️

Address

Klein Joostenberg
Stellenbosch

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde Vir Liam Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share