20/08/2022
Dié is ek,
Die ongebalanseerder ek.
ñ splinternuwe mamma wat steeds d**k aan skoolgee, maar droom oor tyd saam my baba.
Dié is ek,
Ek wat my loopbaan verruil vir ñ vuil doek... wat ek vir niks sal verruil nie.
Dié is ek,
ñ Mamma van ñ besige dogtertjie, wat se gunsteling koppie sê "mamma kort nog koffie",
ñ mamma wat voel local is lekker, maar natuurlik is nog lekkerder.
Klein Bederf Swartruggens is ñ uitbreiding van Klein bederf, kom klop aan my deur, loer in op my whatsapp of gee my ñ lui vir 100% natuurlike produkte vir die hele gesin.
Ek sit solank die ketel op die stoof...