27/08/2026
Indien Turkye steeds op jou wenslys is, kyk gerus na hierdie insiggewende program. Dr. Hannes Noëth gaan ook in 2027 ons toer na Turkye begelei. Hou ons kalender dop vir die reisdatums.
Vaste fondamente wil dieper delf en hoër kyk om duideliker te sien hoe die Here sy kerk gebou en bewaar het te midde van vervolging, dwaalleer, en groot historiese wendings. In elf episodes bring Vaste fondamente Bybelse insig, geskiedkundige konteks en ’n belewenis van Turkye bymekaar, sodat gelowiges die erfenis van die vroeë kerk nuut kan waardeer en self met groter sekerheid op die vaste fondamente van die Christelike geloof kan staan.
Vaste Fondamente is vanaf 28 Augustus beskikbaar op AfriForumTV.
'n Dokumentêr oor die vroeg-Christelike kerk in Klein-Asië. In elf ...