18/03/2024
Thank you Laerskool Pierneef , we are grateful for your recognition. Your feedback is much appreciated.
2de plek teen 10 ander skole tydens die Interhuis swem by Hilcrest op 7 Maart 2024 is iets waarop Laerskool Pierneef opreg trots oor kan wees. Dankie aan ons onderwysers, Juffrou Elkerine, Cindy en Cherise wat letterlik in die diep kant ingespring het om ons kinders te ontwikkel. Hannah, ons professionele afrigter van Squiddies wat nie net deel van die swemspan is nie, maar ook deel maak van ons skool tydens KDA Periodes het alles ingesit om ons Pieries te ontwikkel om nie net te kan dryf nie maar te kan meeding teen skole waar swem sentraal deel van hulle sport kultuur is.
Geluk Pieries, julle maak ons trots.
Maar die storie is groter as bloot ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n swemseisoen. Met al ons Pieries wat so mooi swem het vinnig vergeet dat net drie jaar terug Pierneef een van die mees bio-diverse 25 meter padda damme in Pretoria gehad het. Baie van ons het vergeet dat swem, nie net as ‘n sport nie, maar as ‘n lewens vaardigheid amper iets was wat ons eie kinders elders moes leer.
Nou is dit maklik om terug te kyk en te sien dat dit die moeite werd was. Maar ons moet die tye dalk onthou van die bydraes van Elyte-Chem in 2022 wat ons swembad van ‘n paddadam tot ‘n swembad getransformeer het. Ons moet dankie sê vir ons ouers wat finansieel en met baie persoonlike moeite gesorg het dat ons badkamers nie meer net stoorkamers is nie, en dat ons swembad weer ‘n plek is waaroor ons almal kan trots voel.
Ons mag nie vergeet dat Squiddies met ons hande gevat het, sodat ons in lyn met departementele riglyne, ons swembad weer veilig kon gebruik. En ons moet dankbaar wees dat hulle verder gegaan het en letterlik saam met ons kinders in die water is om hulle te ontwikkel, te leer en veiliger te probeer maak.
Waarom was dit vir Laerskool Pierneef belangrik? As die Moot se omgee -skool hoe kan mens nie omgee dat kinders hulle talente ontwikkel daar waar daar geleenthede is vir hulle om dit te doen nie? As die Moot se omgee-skool hoe kan mens nie omgee oor kinders se water veiligheid nie. Die tipe dinge wat mens oor moet omgee sonder dat jy ooit sal weet of jou omgee enigsins vrugte afgewerp het. Maar ons gee genoeg om, om nooit op te gee nie, want dit is tog ons kinders, ons toekoms en ons skool.
Mooi geswem Pieries.