InteliGro

InteliGro InteliGro is a customer centric company that works alongside producers to help ensure optimum, good quality food production. With us, you are growing goodness!

InteliGro is a southern African agricultural solutions partner combining agronomic expertise, innovative inputs, digital intelligence, and on-farm support to help growers improve yields, manage risk, and achieve sustainable, profitable production. This is achieved through our holistic approach towards food production that includes scientifically based plant nutrition, soil and root health recommen

dations and solutions, an effective and proven integrated pest management (IPM) focus and sound technical advice. This is supported by user friendly technology platforms to ensure accurate decision-making. Through effective implementation of our biological solutions approach, InteliGro can help achieve low-no residue food production. Accurate use of all these available solutions help ensure plant health in support of sustainable food production.

Groen? Check. Goud? Check. Bokgees? Dubbel check! Dis Bok Vrydag en ons is wedstrydgereed.
04/09/2026

Groen? Check. Goud? Check. Bokgees? Dubbel check!
Dis Bok Vrydag en ons is wedstrydgereed.

Drie Wessels-manne. Drie rolle. Een passie vir landbou. Van tegniese ondersteuning tot gewasadvies – die Wessels-manne b...
04/09/2026

Drie Wessels-manne. Drie rolle. Een passie vir landbou. Van tegniese ondersteuning tot gewasadvies – die Wessels-manne bring elkeen hul eie kundigheid na InteliGro.

Van links na regs: SP Wessels (Gewas Adviseur in Porterville) sy pa Albie Wessels (Senior Gewas Adviseur in Porterville) en broer Reinhardt Wessels, Tegniese Bemarkingspesialis.

Hierdie foto is geneem tydens die InteliGro Intelekt Solutionsdag 2026 in Moorreesburg, waar kennis, ervaring en die volgende generasie se betrokkenheid by die landbou mooi bymekaargekom het.

Voetspore geplant. ’n Erfenis gegroei. 🌱

🌾 InteliGro Intelekt Solutionsdag 2026  MoorreesburgWat ’n lekker dag in Moorreesburg!InteliGro het vanjaar die Intelekt...
03/09/2026

🌾 InteliGro Intelekt Solutionsdag 2026 Moorreesburg

Wat ’n lekker dag in Moorreesburg!

InteliGro het vanjaar die Intelekt Solutionsdag 2026 aangebied, met produsente en mense uit die landboubedryf wat bymekaargekom het vir ’n dag van kennis deel, gesprekke en nuwe idees.

Janco Cloete het die dag afgeskop, waarna die program behoorlik aan die gang gekom het.

Van interessante gesprekke tot goeie skakeling met produsente – dit was ’n suksesvolle dag en ons is dankbaar vir elkeen wat deel daarvan was. 🌱

Dankie Moorreesburg!

🌈 Kleur, lag, musiek en goeie geselskap het vanoggend die InteliGro Wyntuin by vanjaar se Swartlandskou gevul. Dames van...
02/09/2026

🌈 Kleur, lag, musiek en goeie geselskap het vanoggend die InteliGro Wyntuin by vanjaar se Swartlandskou gevul.

Dames van oraloor het saamgekom vir 'n oggend van inspirasie en vermaak, met François Boyes, Hoezit Samelewing, Elandré en Donnalee Roberts wat vir onvergeetlike oomblikke gesorg het.

"Lewe in Kleur" was meer as net 'n tema. Dit was 'n viering van die mense, herinneringe en ervarings wat elke dag betekenis gee.

🌱Gelukkige Lentedag!’n Nuwe seisoen van groei, nuwe moontlikhede en nuwe momentum.Mag hierdie lente alles wees wat groei...
01/09/2026

🌱Gelukkige Lentedag!

’n Nuwe seisoen van groei, nuwe moontlikhede en nuwe momentum.
Mag hierdie lente alles wees wat groei nodig het om te floreer.

InteliGro - Ons groei saam. 🌾

🌾 Agri Potch Geesfees  | InteliGro LedelokaalVir die eerste keer was Agri Potch Geesfees  deel van GeesFees – ’n nuwe pl...
31/08/2026

🌾 Agri Potch Geesfees | InteliGro Ledelokaal
Vir die eerste keer was Agri Potch Geesfees deel van GeesFees – ’n nuwe platform waar landbou, kennis en mense bymekaargekom het.

InteliGro was trots om die Ledelokaal aan te bied, waar twee dae gevul is met waardevolle gesprekke, nuwe perspektiewe en kennisdeling oor sake wat werklik saak maak in ons landbougemeenskap.

Van die Landbou Verheug Skoleprogram, waar leerders die geleentheid gekry het om die wêreld van moderne landbou en moontlike loopbane te ontdek, tot dinamiese paneelgesprekke oor risikobestuur, klimaatsuitdagings en markvooruitsigte elke sessie het ’n unieke bydrae gelewer.

Ons Gewas Adviseur in die Potch-area, Dries Burger, was ook deel van die geleentheid en het saam met die span gehelp om InteliGro se betrokkenheid by hierdie besonderse eerste Agri @ GeesFees te verteenwoordig. 🌱

Ons glo in platforms wat mense bymekaarbring, kennis deel en die toekoms van landbou help vorm.

Dankie aan GeesFees, al ons sprekers, vennote en elke besoeker wat hierdie eerste Agri @ GeesFees so besonders gemaak het.

Ons is trots om deel te wees van die begin van iets nuuts – en sien uit na wat voorlê! 💚

Trotse samewerking on vir die produsent sterker ondersteuning tot nog beter opbrengs te kan bied.Potch Geesfees The Go-T...
28/08/2026

Trotse samewerking on vir die produsent sterker ondersteuning tot nog beter opbrengs te kan bied.

Potch Geesfees The Go-To Guy

28/08/2026

Lekker musiek, goeie kos, groot gees en 'n gemeenskap wat saam kuier. Dis waarom die Potch Geesfees jaar ná jaar groei, en waarom ons trots is om as borg deel te wees van die fees se 5de bestaansjaarviering.

Baie geluk met hierdie mylpaal. Ons sien uit na nóg 'n onvergeetlike naweek in Potch!

💛

28/08/2026

Nog net 'n paar dae tot die Swartlandskou in Moorreesburg afskop, en ons is trots om weer betrokke te wees. Kyk uit vir die InteliGro golfkarretjie, klim op en ry saam.
Sien jou daar!

27/08/2026

Die industrie fokus al hoe meer op die integrasie van biologiese oplossings, en InteliGro maak seker dat die regte en nuutste opsies by produsente uitkom. Dié keer was ons Biologiese Inligtingsdag in De Doorns, tussen die wingerde van die pragtige Hexriviervallei.

Dankie aan ons verskaffers wat inligting kom deel het om 'n werklike verskil te kan maak, daar waar dit saak maak.

Real Ipm Koppert South Africa BioBee SA Andermatt Madumbi Bayer Crop Science Division South Africa Chempac

Address

3 Marchand Street
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27218736177

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when InteliGro posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to InteliGro:

Shortcuts

Share