Worthy Women NPC

Worthy Women NPC The organization affirms that every person has equal rights and to enjoy equal opportunities.

29/01/2024
Hier is 'n gedig vir elke dame. Geniet dit want jy is kosbaar vir Jesus.           n Vrou is geskape met die skoonheid v...
17/01/2024

Hier is 'n gedig vir elke dame. Geniet dit want jy is kosbaar vir Jesus.

n Vrou is geskape met die skoonheid van n roos,
met n lieflike reuk – sy is sag, broos
Vra net respek en soms troos
En n goeie man om haar te beskerm & te liefkoos
Haar oe so blink soos die sterre aan die hemelruim,
Sy is die mooiste blom uit God se tuin
Sy is geskape uit die rib van n man,
As n maat vir hom – om wanneer hy wil opgee,
sy hom kan ondersteun, en se JY KAN
Sy is geskape as n moeder, sag, lief en teer,
die 1 wat haar kinders die waarde van die lewe leer
Wat hul leer van Jesus, van reg & verkeerd,
die een wat troos & hul beskerm, want die lewe is soms wreed
Di kroon van God se skepping,
die een wat alles bymekaar hou,
n prinses, n liefling -
Sy is n VROU.
Net vir jou my Liewe Vriendin

🌻Ek d**k baie...Ragab het seker nie 'n spieël gehad nie.Maar iewers het sy gaan stilsit langs 'n rivier of miskien haar ...
03/01/2024

🌻Ek d**k baie...Ragab het seker nie 'n spieël gehad nie.
Maar iewers het sy gaan stilsit langs 'n rivier of miskien haar eie refleksie gesien in een van haar koperpotte.
Dalk, terwyl sy in haar eie oë gekyk het, het sy besluit, dié girl, is worth saving.
Wat daarna met Ragab gebeur het, weet ons almal.
Sy het haar oë toegeknyp en "gespring".
Onder het God gestaan en haar gevang.
Die girl in die spiëel is altyd worth saving. Sy is 'n duisend maal meer werd as seer, min of swaar.
Wanneer jy dit besluit het, staan God al reg met sy arms wa-wyd oop.
As jy nog nie 'n spiëel-kyk oomblik gehad het nie, wens ek dit vir jou in 2024.🌻

Sit aan die ketel
www.sitaandieketel.co.za
kopiereg: Yolande Brittnell-Steyn

Hier is op jou, Mooistevrou,Wat nog 'n jaar deurgemaak het,Soveel verdra het,Niks gevra het nie,Gedroom het en nie opgeg...
31/12/2023

Hier is op jou, Mooistevrou,
Wat nog 'n jaar deurgemaak het,
Soveel verdra het,
Niks gevra het nie,
Gedroom het en nie opgegee het nie,
Al het jy nie gekry wat jy voor gebid het nie,
Weet jy dat God vir jou die mooiste storie skryf en dit wat kom is soveel beter, soveel mooier, soveel groter.

Stap hierdie nuwe jaar in met nuwe hoop, nuwe krag en nuwe perspektief,
Los jou voornemings, en benader die jaar met 'n ander uitkyk, om in die hede te lewe, om navore te strewe, om regtig alles wat in jou hart geplant is, te water sodat dit hierdie jaar kan blom,
Los die verlede mooiste, los die seer.
Ek weet dit was pynvol, en onregverdig en jy kon nie jou sê sê, maar dis nie meer jou oorlog om te veg nie.

Vat hierdie jaar, elke dag en streef na jou roeping, streef na 'n beter verhouding met God en die res sal soos 'n legkaart inplek val.

Jy, is beeldskoon.
Jy, is so geseënd,
Met soveel talente,
Soveel kreatiwiteit,
Soveel skoonheid,
Moenie dat een persoon hierdie jaar jou laat minderwaardig voel nie, en as hulle doen, mag jy in soveel waarde loop dat jy wegstap en okei voel om dit te doen.

Mag jý hierdie jaar die mooiste dele van jouself uitbeeld op soveel verskillende vlakke,
Jy's dit als die moeitewerd,

Nou's jou tyd Mooistevrou,
Tel jou kop op,
Wees wie jy geroep is om te wees.

2024 is jou jaar.

#2024

God se Dogters 👸Die dag toe ek na U geroep het, het U vir my kom sê: “Hou nou op om bang te wees.” ❣️Klaagliedere 3:57 D...
14/12/2023

God se Dogters 👸

Die dag toe ek na U geroep het, het U vir my kom sê: “Hou nou op om bang te wees.” ❣️

Klaagliedere 3:57 DB

No one knows what happens behind the pretty face and gorgeous looks. •Some walk carrying pain in public, while putting a...
10/12/2023

No one knows what happens behind the pretty face and gorgeous looks.

Some walk carrying pain in public, while putting a smile and come back to the same environment that broke them. They stay for many different reasons and have to put on proper make up and clothes to hide the scars.

May you find the courage to stay out of pain. A life lived in fear is half lived. ❤

Address

White River
1240

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Worthy Women NPC posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Worthy Women NPC:

Share