Lifestyle Club

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to p

rovide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

Kom raak deel van ons September Snoei en Groei seisoen!
01/09/2026

Kom raak deel van ons September Snoei en Groei seisoen!

Kom beweeg saam! Drink na die tyd ń lekker koffie by Pad.langs
28/08/2026

Kom beweeg saam!

Drink na die tyd ń lekker koffie by Pad.langs

Liewe Vrou,Ons maand van “verandering” kom amper tot ’n einde.Ons is geneig om te dink dat verandering dadelik sigbaar i...
27/08/2026

Liewe Vrou,

Ons maand van “verandering” kom amper tot ’n einde.

Ons is geneig om te dink dat verandering dadelik sigbaar is. Dat jy opdaag, probeer en dan moet jy begin om resultate te sien. Maar verandering gebeur dikwels in die stilte.

Ek hou altyd die bome in die natuur dop. Kaal gestroop ná ’n koue winter, sonder enige teken van groei. Skielik, een oggend, as jy mooi van naby kyk, sit daar ’n blaartjie. Die volgende dag is daar meer, en dan staan die boom vol groen blare.

Ons sien nie die groei en verandering wat binne-in die boom plaasvind nie, want diep binne-in die boom is waar die meeste werk gebeur.

So, as jy gedurende Augustus opgedaag het, bly probeer en glo dat daar verandering plaasvind. Hou moed. Jou blare is besig om binne-in jou te vorm.

As Augustus vir jou ’n stil maand was en jy dink daar was geen verandering nie, wil ek vir jou sê: As jy hierdie lees, beteken dit jy probeer. En dan weet ek jy is besig om in jou wortels te verander.

Hou aan opdaag. Ons SEISOEN van verandering is nog nie klaar nie.

Ek is opgewonde oor Sept!

Liewe Vrou,, jy word uitgenooi.
24/08/2026

Liewe Vrou,, jy word uitgenooi.

Kom beweeg saam! 6:30
21/08/2026

Kom beweeg saam!

6:30

Pad.langs
21/08/2026

Pad.langs

Liewe Vrou,,, HIER IS JOU UITNODIGING! Voel jy jy moet weer begin beweeg, maar jy weet nie waar om te begin nie?Kom erva...
21/08/2026

Liewe Vrou,,,

HIER IS JOU UITNODIGING!

Voel jy jy moet weer begin beweeg, maar jy weet nie waar om te begin nie?

Kom ervaar Lifestyle Club volgende week – heeltemal gratis!

’n Week om te beweeg, sterker te word, nuwe energie te kry en deel te wees van ’n groep vroue wat mekaar ondersteun.

🌸 Pilates
💪 Versterking
🌿 Beweging
🌻 Gemeenskap

Geen druk. Geen oordeel. Net ’n veilige ruimte om te begin.

🎁 Kom oefen vir ’n GRATIS WEEK!

Stuur vir my ’n WhatsApp of DM om jou plek te bespreek.

Jou gesondheid is belangrik. Begin vandag. Jou toekomstige self sal jou dank.

Dames! 😃Ek hou daarvan om verskillende vorme van beweging in my klasse in te werk – want ons is nie almal dieselfde nie!...
20/08/2026

Dames! 😃

Ek hou daarvan om verskillende vorme van beweging in my klasse in te werk – want ons is nie almal dieselfde nie!

Ons doen ’n kombinasie van:
✨ Pilates
💪 Liggaamsgewig-oefeninge
🏃‍♀️ Funksionele bewegings
🌿 Lae-impak bewegings
🧘‍♀️ En natuurlik lekker strekke!

Maar nou wil ek by jóú hoor… 👇

Waarvan hou jy in ’n oefenklas?
En waarvan hou jy glad nie? 😄

Ons is mos maar verskillend…
Party hou van warm koffie ☕️
ander van swart koffie…
en sommige van geen koffie nie! 😂

So vertel my — wat maak ’n oefenklas vir jou lekker?
Wat laat jou uitsien om weer te kom?

Ek wil hê my klasse moet nie net ’n oefensessie wees nie, maar ’n plek waar jy beweeg, sterker word en dit geniet.

Kom gesels saam in die kommentaar! 👇

Verandering begin vandag! Kies verandering, Kies om deel te raak. Whatsapp my vandag!
18/08/2026

Verandering begin vandag!

Kies verandering, Kies om deel te raak.

Whatsapp my vandag!

Augustus is ons maand van verandering! Kom raak deel! Die tyd is nou!
17/08/2026

Augustus is ons maand van verandering!

Kom raak deel!

Die tyd is nou!

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Lifestyle Club:

Shortcuts

Share